42 sterf ná ontploffing op bus

Die ongelukstoneel waar twee busse op 7 November in Rusape in Zimbabwe gebots het. 47 mense is in dié ongeluk dood. Foto: Xinhua/ANA

Minstens 42 mense is dood toe ʼn bus wat na Suid-Afrika op pad was op die Beitbrug-Bulawayo-pad in Zimbabwe aan die brand geslaan het.

Charity Charamba, nasionale polisiewoordvoerder, het aan ZBC News gesê die voorval het Donderdagaand laat in die Gwanda-distrik, sowat 550 km suid van Harare, gebeur.

ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand ontstaan het nadat ʼn houer met plofbare inhoud op die bus ontplof het. Die vermoede bestaan dat een van die passasiers ʼn gasbottel in die bagasiekompartement van die bus gehad het wat ontplof het.

Die bus was van Zvishavane na Musina in Limpopo op pad toe die ontploffing omstreeks 23:00 gebeur het.

Oorlewendes en ooggetuies sê die nagmerrie het voor hul oë ontvou toe die bus binne oomblikke heeltemal in vlamme gehul was en passasiers paniekerig probeer het om uit te kom. Talle het in die bus doodgebrand met net hul gille wat van buite gehoor kon word.

“Daar was eers ʼn reuk, ons het gas geruik,” het een van die oorlewendes vertel. “Een van die passasiers het vir die bestuurder gaan sê en sy eerste reaksie was om die ligte in die bus aan te sit. Op daardie oomblik was daar ʼn reuse-ontploffing en daar was net vlamme oral. Die hitte was so intens.”

Khulekani Ndlovu, ʼn motoris wat op die toneel was oomblikke nadat die bus aan die brand geslaan het, het gesê: “Dit was soos hel op aarde. Daar was niks wat enigiemand kon doen om te help nie. Ek het nog nooit so iets gesien nie.”

ʼn Polisiewoordvoerder het gesê forensiese ondersoeke sal op die oorskot van die oorledenes gedoen word om die presiese dodetal te bepaal, maar die dodetal sal “aansienlik hoog” wees. Minstens 27 mense is met brandwonde in die Gwanda-distrikshospitaal opgeneem.

Dit is die tweede busramp in die afgelope twee weke in Zimbabwe. Op 7 November het twee busse gebots wat tot die dood van 47 mense gelei het.

Die hoë prys van gas in Zimbabwe lei daartoe dat talle Zimbabwiërs met gassilinders na Suid-Afrika reis om dit hier weer vol te maak. Zimbabwiërs betaal ongeveer $10/kg (ongeveer R142) vir gas, terwyl gas in Suid-Afrika ongeveer R25/kg kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

khat ·

Dit verbaas my nie dat daar meer sulke ongeluke plaas vind nie gestraand na 11 in nag is ek werk toe en wat sien ek n bus met net een lig geen agterligte of die waantjie wat hy sleep geen ligte nie so dit is n ramp wat wag om tegebeur op pad na Zimbabwe word afgetrek deur bloe brigade en na n lang gesels ry die bestuurder verder asof niks gebeur het nie nou kan mens maar net vir jou self dink wat daar gese is of besluit is maar so gaan dit op hele n1 snelweg dis hoekom daar so baie ongeluke is bribe is in order van die dag in die goeie ou suid Africa wat al so ver in moeras is dat al wat ons gaan help is n helse storm wat als inswelg en die land skoon maak van die looters en bedrog van eff en anc

Poppie ·

So hartseer oor hul regering vertraag is. Geen werk, geen geld en hul probeer net oorleef.

lewies ·

Waar chaos is, is enigiets moontlik. Laat dit vir Suid-Afrika ‘n les wees. Of dit nou gasbottels saam met passasiers in dieselfde bus is of Bedrieers en rowerbendes in hoe posisies – Die uitkoms is dieselfde, “CHAOS!!”. Dit is tog eronies dat landsburgers hierdie dinge oor hulle self bring deur verkeerde besluite by die stembus te maak.

Saartjie ·

Beste lewies (met ‘n kleinletter L), as jy mooi gaan nalees, sal jy sien dat verkiesings in Zimbabwe al vir baie jare heeltemal korrup is … vooraf is daar geweldige intimidasie (van die soort wat moord en amputasie behels); die kieserslys is ‘n totale klug wat geen verband met die werklikheid hou nie; die inhoud van die stembusse self is verdag, ens ens. Die meerderheid Zimbabwiese landsburgers ondersteun nie die regering nie. Wat is die oplossing – toyi-toyi em brand staatsgeboue af? ‘n Sluipmoord op sleutelfigure in die huidige regering?

Pierre Joubert ·

More ek wil net graag weet ek het al n paar keer op facebook gevra waarom die Weermag ewe skierlik in n Karavaan Park ingetrek het in Gaansbaai daar is honderde voertuie dit lyk soos n hele weermag , Kersfees is om die draai en dit is een van die gewildste Vakansie oorde in die Kaap , Nou noem iemand hulle probeer die Perlamoen stropers vasstrek , Dit maak nie vir my sin nie , Daar word Mi,Munisipaliteite geboue afgebrand , Geboue word gestroop , Ons voertuie word aan die brand gesteek , Ons Plaas Boere word elke minuut van die dag vermoor asook ons arme bejaardes , Kyk bietjie hoeveel duisende Imigrante gaan al weer Sassa ontvang mense wat nie eers Land burgers is nie selfs opleiding gaan gegee word. Ramaphosa , Zuma, Malema het al hierdie dinge oor hulle self gebring , om net die grense oop te stel, ons blanke kinders het hulle lewens verloor die die stryd vroer jare ,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.