43 migrante sterf toe boot in stormsee sink

Oorlewende migrante in komberse toegedraai ná die tragedie. (Foto: STRINGER / ANSA / AFP)

Meer as 40 migrante, onder wie ʼn baba van net ʼn paar maande oud, is dood toe hul oorlaaide boot Sondag vroegoggend in die see naby Italië se suidelike Calabrië-streek gesink het.

Sowat 80 migrante het die voorval oorleef, maar 43 liggame is op die strand gevind.

Reddingswerkers het aan AFP gesê die vaartuig het meer as 200 mense vervoer toe dit vroegoggend in die stormsee gesink het.

“Dosyne en dosyne mense het verdrink, onder wie kinders. Baie word steeds vermis. Calabrië is in rou na hierdie verskriklike tragedie,” het die streekgoewerneur Roberto Occhiuto Sondag gesê.

Italiaanse media berig die oorlaaide boot het teen dagbreek teenoor die kusstad Crotone opgebreek.

Die Italiaanse eerste minister, Giorgia Meloni, het intussen gesê dit is “misdadig” om ʼn boot van skaars 20 meter op die see uit te stuur met 200 mense aan boord én met ʼn voorspelling van slegte weer.

Oorlewende migrante in komberse toegedraai ná die tragedie. (Foto: STRINGER / ANSA / AFP)

Die tragedie volg enkele dae nadat die Italiaanse regering ʼn omstrede nuwe wet oor die redding van voornemende migrante deurgevoer het.

Dié nuwe wet dwing migrerende hulpvaartuie om net een reddingspoging op ʼn slag te maak. Kritici het egter gewaarsku dat dit die aantal verdrinkings in die sentrale Middellandse See kan verhoog.

Die roete oor die Middellandse See word beskou as die gevaarlikste kruising ter wêreld vir mense wat asiel in Europa soek.

Volgens die Italiaanse ministerie van binnelandse sake het byna 14 000 migrante reeds vanjaar via die see in Italië aangekom. Dit is aansienlik meer as die 5 200 migrante wat verlede jaar oor dieselfde tydperk Italië binnegekom het.

Sowat 4 200 het in die eerste twee maande van 2021 na Italië gevlug.

Matteo Piantedosi, Italiaanse minister van binnelandse sake, het Sondag gesê die ramp “wys hoe absoluut noodsaaklik dit is om onwettige immigrasie te bekamp”.

Die sentristiese voormalige minister van ekonomie Carlo Calenda het egter op Twitter gesê: “Mense wat in die moeilikheid beland op see moet gered word, ongeag die koste, sonder om diegene te straf wat hulle probeer help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek stem nie saam ,hierdie onwettige immigrante is ‘n euwel wat gestop moet word as die lande in Europa dit nie doen is hulle en hulle inwoners gedoem.

TruthDealer ·

Ek kry Europa geensins jammer nie. Hulle het ons, hul afstammelinge, verloon en vir die wolwe gegooi. Ook nie Amerika wat nou al sekerlik die helfte van Mexico en Sentraal Amerika moet huisves nie. Europa en Amerika is grootliks verantwoordelik vir Suid Afrika se ondergang. Ek sê reguit op die oorsese forums, wanneer die blankes daar so kla oor al die migrante wat probleme veroorsaak: “Your anguish pleases me. THE WHEEL TURNS”. Ek het gedink ek gaan baie haat kry vir my kommentare, maar snaaks genoeg, tog nie. Twee of drie Amerikaners het my verbasend genoeg, selfs om vergifnis gesmeek vir hul regering se sanksies en inmenging destyds, wat grootliks tot ons vernietiging bygedra het.

Treurwilger ·

TruthDealer, ons is dus ‘kindred spirits’ wat hierdie onderwerp betref.

Christine ·

Nie net die VSA en Europa nie, gaan kyk hoe lyk dit van Chinese in Australië. Dis omtrent al wat jy op die strate sien. Hulle kan nie engels praat nie, maar kom in met hordes familie van oud tot jonk.

melaney ·

Teen die tyd dat Europa agterkom wat eintlik besig is om te gebeur, sal dit te laat wees.

Christine ·

Presies, daai mense gaan een van die dae stemreg hê as burgers en ook die hordes kinders wat daar gebore word, hul gaan die Europeërs eersdaag uit hul eie land verban.

ES ·

Italie gaan baie vinnig leer watter fout dit is om vlugtelinge (migrante) toe te laat in hul land.

Christine ·

Gaan kyk hoe lyk dit in Frankryk en Duitsland, dis om van siek te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.