44 000 Chinese vas oor dwelmhandel

Argieffoto

Argieffoto

Die Chinese nuusagenskap, Xinhua, het bekend gemaak dat 44 000 Chinese reeds in die anti-dwelmveldtog wat twee maande gelede begin het, aangekeer is.

Nog 180 000 mense is weens dwelmgebruik boetes opgelê. Die polisie het beslag gelê op altesaam 21 ton dwelmmiddels van verskillende soorte.

Van die dwelmslawe wat nou beboet is, word ook verplig om programme by te woon om die verslawing te bowe te kom. Die veldtog duur nog tot April volgende jaar.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.