458 kinders uit mishandeling gered

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 458 kinders is Dinsdag uit ʼn huis in Mexiko gered waar hulle glo moes bedel vir geld en seksueel mishandel is.

Jesus Murillo Karam, een van Mexiko se top staatsaanklaers, het gesê die kinders is teen hulle wil in haglike omstandighede aangehou. Altesaam 138 volwassenes is ook uit die Great Family-tehuis in Zamora gered.

Die tehuis se inwoners is in betreurenswaardighede omstandighede aangehou en hulle is verrotte kos gevoer om te eet. “Hulle moes op die vloer tussen rotte, vlooie en bosluise slaap en van hulle is nooit toegelaat om die perseel te verlaat nie,” het Murillo Karam by ʼn perskonferensie gesê.

Rosa del Carmen Verduzco, die eienaar van die tehuis, en agt personeellede is tans in polisieaanhouding en word ondervra.

Die ondersoek het begin nadat vyf ouers verlede jaar klagtes by die owerhede ingedien het omdat hulle nie hul kinders by die tehuis kon sien nie. Een van die ouers was ʼn vrou wat in die tehuis grootgeword het en twee kinders daar gebaar het. Sy kon eers die tehuis verlaat toe sy 31 jaar oud was, maar Verduzco het haar twee kinders gehou, het Tomas Ceron, hoof van die kriminele navorsing by die staatsaanklaer se kantoor, gesê.

Die kinders se ouderdomme is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leeutjie ·

Dis grusaam verby. Die arme kinders. Ek glo dat daar genoegsame beraders gereed sal staan om vir hierdie kinders te help om ‘n veilige plek in die samelewing te kry. Die skade is gedoen en dit vat jare om te herstel. Ek bid vir sielkundige herstel vir hierdie kinders en hulle ouers en mag die Mexiko regering die klomp skuldiges toesluit. Is daar doodstraf in Mexiko?

Elizabeth ·

Nog ‘n gru-storie : ( … en die wat dit aan weerlose kinders gedoen het kategoriseer hulself as “mense”. Hoe DOEN jy dit aan kinders?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.