Altesaam 46 honde het Saterdagaand in New York aangekom nadat hulle gered is uit haglike omstandighede in Suid-Korea.
Die honde is onmiddellik na dierebeskermingsentrums in New York, Maryland en Pennsilvanië geneem.
Die honde is van ʼn plaas in Goyang, wat hondevleis vir menslike gebruik produseer, gered.
Humane Society International, ʼn niewinsgewende organisasie, het die honde gered en onderhandel direk met boere in Suid-Korea om die plase toe te maak en die hondevleis-ondernemings te sloop. Die boere word bygestaan met finansiële raad sodat hulle ʼn ander soort bedryf kan beoefen.
Kelly O’Meara, ʼn bestuurder by die Human Society International se diereverwante projekte in die buiteland, het gesê die plaas waar die honde gered is, is soos ʼn tronk. “Daar was baie min lig en omtrent geen ventilasie nie, so die stank van ammoniak sal trane in jou oë bring as jy daardeur loop. Jy sien die honde vir jou loer, maar dit is moeilik om die honde self in die donker te sien.”
Volgens O’Meara is daar ongeveer 17 000 soortgelyke plase in Suid-Korea en word meer as twee miljoen honde se vleis elke jaar geëet.
Die diere moet na die buiteland geneem word, omdat hulle oor die algemeen in Suid-Korea nie as troeteldiere aanvaar word nie. Sommige diere is aangekoop as troeteldiere, maar later geskenk aan die vleisbedryf.
In die VSA word die honde wat gered is, beskikbaar gestel vir aanneming. Die beskermingsentrums evalueer die honde se gedrag en mediese behoeftes en verseker dat die honde gereed is vir ʼn nuwe lewe in iemand se huis. In Suid-Korea word geen mediese versorging vir diere gebied nie. “Hulle vrek in die hok of ontvang net genoeg kos om te oorleef.”
Hierdie dade sal nie ongestraf verby gaan nie.
Liewe aarde, kan die goed nie vir hul skape of hoenders kry nie, man hoenders groei baie vinniger. Honde is tog huisdiere en beskermers.
Volgens hulle is skaap, hoenders ens wreed, hoe wreed is jag dan nie
Wreedaards!! Plaas die spul mekaar eerder opvreet :-(
Wreedaards. Hulle behoort mekaar eerder op te vreet.
Dankie tog vir mense wat omgee wat hulle gered het. Ek hoop daai ander plase word almal toegemaak. Baie sad
Dit maak my sommer naar om so iets te lees!!
Dit is ‘n siek mense met ‘n verwronge siel wat diere so behandel!
As ‘n klavier lewendig was, het hulle dit ook geëet….het ook mos voete.