46 honde uit haglike omstandighede gered

‘n Krat met twee honde wat uit haglike omstandighede gered is. (Foto: (Humane Society International/Andrew Kelly.)

Altesaam 46 honde het Saterdagaand in New York aangekom nadat hulle gered is uit haglike omstandighede in Suid-Korea.

Die honde is onmiddellik na dierebeskermingsentrums in New York, Maryland en Pennsilvanië geneem.

Die honde is van ʼn plaas in Goyang, wat hondevleis vir menslike gebruik produseer, gered.

Humane Society International, ʼn niewinsgewende organisasie, het die honde gered en onderhandel direk met boere in Suid-Korea om die plase toe te maak en die hondevleis-ondernemings te sloop. Die boere word bygestaan met finansiële raad sodat hulle ʼn ander soort bedryf kan beoefen.

Kelly O’Meara, ʼn bestuurder by die Human Society International se diereverwante projekte in die buiteland, het gesê die plaas waar die honde gered is, is soos ʼn tronk. “Daar was baie min lig en omtrent geen ventilasie nie, so die stank van ammoniak sal trane in jou oë bring as jy daardeur loop. Jy sien die honde vir jou loer, maar dit is moeilik om die honde self in die donker te sien.”

Volgens O’Meara is daar ongeveer 17 000 soortgelyke plase in Suid-Korea en word meer as twee miljoen honde se vleis elke jaar geëet.

Die diere moet na die buiteland geneem word, omdat hulle oor die algemeen in Suid-Korea nie as troeteldiere aanvaar word nie. Sommige diere is aangekoop as troeteldiere, maar later geskenk aan die vleisbedryf.

In die VSA word die honde wat gered is, beskikbaar gestel vir aanneming. Die beskermingsentrums evalueer die honde se gedrag en mediese behoeftes en verseker dat die honde gereed is vir ʼn nuwe lewe in iemand se huis. In Suid-Korea word geen mediese versorging vir diere gebied nie. “Hulle vrek in die hok of ontvang net genoeg kos om te oorleef.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Maak mens regtig kwaad ·

Liewe aarde, kan die goed nie vir hul skape of hoenders kry nie, man hoenders groei baie vinniger. Honde is tog huisdiere en beskermers.

Maak kwaad ·

Volgens hulle is skaap, hoenders ens wreed, hoe wreed is jag dan nie

amvi ·

Wreedaards. Hulle behoort mekaar eerder op te vreet.
Dankie tog vir mense wat omgee wat hulle gered het. Ek hoop daai ander plase word almal toegemaak. Baie sad

Ruby ·

Dit is ‘n siek mense met ‘n verwronge siel wat diere so behandel!

jean ·

As ‘n klavier lewendig was, het hulle dit ook geëet….het ook mos voete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.