46 liggame in vragmotor-sleepwa gevind  

(Foto: Jordan Vonderhaar/Getty Images/AFP)

Minstens 46 migrante is Maandag dood gevind in ʼn sleepwa van ʼn vragmotor wat verlate langs die pad aan die buitewyke van San Antonio, Texas, gestaan het.

Charles Hood, brandweerhoof van San Antonio, het aan verslaggewers gesê dat 16 mense, onder wie vier kinders, lewend gevind en na ʼn hospitaal vervoer is vir behandeling. Daar was geen aanvanklike besonderhede oor die ouderdomme of nasionaliteite van die oorledenes nie.

“Die pasiënte wat ons gesien het, was warm om aan te vat en het aan hitte-uitputting gely. Daar was geen tekens van water in die voertuig nie,” het Hood gesê.

Amptenare het gesê drie mense is in aanhouding oor die voorval.

Die vragmotor is gevind op ʼn pad naby hoofweg I-35 wat tot by die grens met Mexiko strek.

Volgens William McManus, polisiehoof van San Antonio, is die owerhede eers omstreeks 17:50 deur ʼn noodoproep van die voorval in kennis gestel.

“ʼn Werker wat in een van die geboue hierbo agter my werk, het ʼn roep om hulp gehoor,” het hy aan verslaggewers gesê.

Greg Abbott, goewerneur van Texas, het teen pres. Joe Biden uitgevaar oor die ramp en sy “dodelike oopgrensbeleid” blameer.

Mexiko se minister van buitelandse sake, Marcelo Ebrard, het die voorval as ʼn “tragedie” bestempel en gesê verteenwoordigers van die Mexikaanse konsulaat is op pad na die toneel.

Ebrard het gesê die nasionaliteite van die slagoffers is nog nie bekend nie, maar dat twee van die oorlewendes van Guatemala is.

ʼn Soortgelyke tragedie het in 2017 in San Antonio afgespeel toe tien migrante in ʼn vragmotor se sleepwa dood gevind is. Tientalle is in die hospitaal opgeneem met hitte-uitputting en dehidrasie. Die vragmotorbestuurder het later skuld beken op aanklagte wat met die sterftes verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Harley Davidson ·

Wanneer pres Trump weer verkies word sal die VSA ‘n beter plek wees hy gee die term” you have to be cruel to be kind ” n nuwe betekenis.

Henri ·

Die gras is nie groener aan die anderkant van die draad nie. Dis groener waar jyself dit water gee.

Delia ·

Baie baie waar Henri. Blom waar jy geplant is en doen jou bietjie om jou onmiddelike wêreld beter te maak

groenboer ·

Die probleem is die ANC se bokke kom wei dit alles weer af!

Zombie ·

Ek wonder wat sê die Trump-haters en Biden-ondersteuners deesdae.

domheks ·

Soos vee/diere in ‘n trok se sleepwa gelaai! Biden het baie om te antwoord! Mis vir TRUMP!

Sandra ·

Of Joe Biden die grens oophou en of dit gesluuit is en daar is ‘n muur om, soos in Trump se geval, gaan hulle oor kom om ‘n beter lewe vir hulle en hulle gesinne te maak in Amerika. As dit nie teen die wet is nie, sal soortgelyke voorvalle nie gebeur nie. Ons het dieselfde storie hier in Suid Afrika

Eden ·

Dit gebeur ook gereeld in Europa en in SA. Die smokkelaars het uiteraard geen saak nie en die linkses sal nou eers aandring op oper grense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.