47 sterf weens vloede en modderstortings in Nepal

Foto: AP Photo/Manish Paudel

Swaar reën in die suide van Nepal het modderstortings en vloede tot gevolg gehad waarin sowat 47 mense gesterf het en duisende dakloos gelaat is.

Pushkar Karki, woordvoerder van die polisie, het gesê die sterftesyfer sal na verwagting styf. Daar is tans 24 mense vermis ná die drie dae se swaar reën.

“Ongeveer 31 000 gesinne is dakloos gelaat deur die vloede en modderstortings wat Vrydag begin het,” het Karki gesê.

Volgens die polisie het die vloedwater telefoonpale en kragdrade laat omval wat daartoe gelei het dat die meeste provinsies glad nie elektrisiteit of enige vorm van kommunikasie het nie.

Die lughawe in Biratnagar is ook gesluit omdat die aanloopbaan onder sowat ʼn halwe meter water bedek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daan Erasmus ·

Die ouens kan nie kla nie. Hulle het lekker reën gehad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.