5 dood, 21 gewond in nóg ʼn massaskietery

Amptelike voertuie buite die rolprentteater in Odessa, Texas waar die skieter doodgeskiet is. (Foto: Tim Fischer/Midland Reporter-Telegram via AP)

Minstens vyf mense is dood en 21 gewond toe ʼn man Saterdag in Odessa in die weste van Texas, VSA, lukraak op mense losgebrand het.

Die moordtog het tot ʼn einde gekom toe polisiebeamptes die man buite ʼn fliekteater doodgeskiet het.

Die skietery het begin toe ʼn staatspolisiebeampte die man omstreeks 15:15 (plaaslike tyd) laat stilhou het nadat hy ʼn verkeersoortreding begaan het. Die man het die beampte geskiet en in goudkleurige Honda gevlug.

Dit het aanleiding gegee tot ʼn chaotiese middag waartydens talle mense geskiet is. Terwyl beamptes die man agternagesit en hom tot stilstand probeer dwing het, het hy sy vuurwapen deur die agterste venster van sy motor gemik en op die polisievoertuie geskiet. Die man het daarna minstens 20 mense op 42nd Street in Odessa geskiet.

‘n Man bid buite die noodgevalle van die Medical Center Hospital in Odessa, Texas. (Foto: Mark Rogers/Odessa American via AP)

In ʼn stadium het die man ook ʼn posafleweringsbussie gekaap en lukraak op mense geskiet soos hy gevlug het. “Die verdagte het voortgegaan om onskuldige inwoners reg oor Odessa te skiet,” lui ʼn verklaring van die polisie.

Die polisie het aanvanklik gedink daar kan meer as een skieter wees, maar polisiehoof Michael Gerke het later bevestig daar was net een.

Die skrikwekkende voorval het tot ʼn einde gekom toe polisiebeamptes die man doodgeskiet het. Gerke het die man beskryf as ʼn wit man in sy 30’s. Hy het nie ʼn motief vir die skietery bekendgemaak nie, maar gesê hy het ʼn idee wie die skieter is.

Amptelike voertuie buite die rolprentteater in Odessa, Texas waar die skieter doodgeskiet is. (Foto: Tim Fischer/Midland Reporter-Telegram via AP)

Hierdie skietvoorval kom net vier weke nadat ʼn skieter in El Paso, Texas, 22 mense doodgeskiet het toe hy by ʼn Walmart-winkel losgebrand het. Greg Abbott, goewerneur van Texas, het vandeesweek twee vergaderings met wetgewers belê om te bepaal hoe massaskietvoorvalle voorkom kan word. Abbott sal Odessa vandag besoek.

Die jongste skietery bring die dodetal van massaskietvoorvalle in die VSA vanjaar op 25 te staan. Sowat 140 mense is in die voorvalle beseer.

Russell Tippin, hoof van die Medical Center Hospital in Odessa, het gesê sewe van die mense wat in gister se skietery gewond is, is in ʼn kritieke toestand. Een van die gewondes is ʼn kind jonger as twee jaar. Maatskaplike werkers en beraders was by die hospitaal om familielede van die slagoffers by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Werner ·

Die skietters sal nog moet oefen net gister is 57 mense in SA vermoor en vandag nog 57

Phil ·

Om dit in perspektief te plaas, VSA het 5.5 keer meer inwoners as RSA wat beteken 57 x 5.5 = 300 + mense per dag. Dit wys weereens in watter gemors on sit…..

HPV ·

Werner, Phil, julle is so reg , dit is feite. Dit is ook ‘n feit dat in baie oorlogsgeteisterde lande minder mense daagliks sterf as wat in die hool vermoor word.

Stormrider ·

Dis wat gebeur as mens in ‘n winkel kan instap en vuurwapens en ammunisie oor’ n toonbank mag koop. Geen agtergrondsoek, geskiktheidsertifisering, en dan kan jy semi-outomatiese wapens en ammunisie bekom. Enige psigopaat of persoon met ‘n geestestoestand of agenda het toegang na wapens. Die FBI mag weet van jou en jou doohou, maar mag jou nie keer om wapens te koop nie. Dink net hoe dit sou wees as dinge hier so sou werk… Oorlog binne’ n week!

Vatweggeweervatwegjouregte ·

Stormrider. Nee my maat, as jy dit nie toelaat nie saal jy jouself op om oorheers te word. Hanteerbaar deur die staat. Dink jy dan demokrasie sal nog lank aanhou!?!? Nee hierdie is die duiwel wat losgelaat is deur die liberale kinders van hom. Soos byvoorbeeld gender neutrality en die invoer van muslims en ander duiwelse dinge…Kriminele sal net ander metodes vind om hulle dade te pleeg soos byvoorbeeld om in ‘n gebou vas te vlieg met ‘n boeing…

Joon ·

Waarheen gaan jy as jy vandag te sterwe kom? Is jou saak reg met die HERE. Ons leef in n onseker tyd. Maar wees seker waarheen jy gaan!

Cherokee ·

… of hoe(?) vra jy?
Jy moet nie vergeet, Hy sal klop aan die deur en as jy oopmaak, sal Hy ingaan.

Theoman ·

Nou gaan die spul libeweeraale Demokraate seker weer die skuld vir die onsinige moorde op Pres. Trump plaas.

Joetjie ·

Baie waar Theoman!! Hulle sal ook se verban vuurwapens. Republikeine aan die ander hand gaan videospeletjies en die internet blameer. Tog bly dit verstommend, te midde van al die blaam en hoekoms en waaroms, doen die VSA niks daadwerkliks om die tipe tragedies ten minste te probeer voorkom nie. Magtigste land in die wereld…..

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahaha….nee, nie op Trump nie….op “GUNS”….Dis alles “GUNS” se skuld, net soos wat dit messe en vurke se skuld is dat mense vet is!! Of soos dit druiwe se skuld is dat mense wyn drink en dronk word!!! Die polisie daar is ook maar nie wat wonders nie…..hy moes uitgehaal gewees net na die EERSTE skoot!!!

Stormrider ·

Dis wat gebeur as mens in ‘n winkel kan instap en vuurwapens en ammunisie oor’ n toonbank mag koop. Geen agtergrondsoek, geskiktheidsertifisering, en dan kan jy semi-outomatiese wapens en ammunisie bekom. Enige psigopaat of persoon met ‘n geestestoestand of agenda het toegang na wapens. Die FBI mag weet van jou en jou doohou, maar mag jou nie keer om wapens te koop nie. Dink net hoe dit sou wees as dinge hier so sou werk… Oorlog binne’ n week!

HPV ·

Werner, Phil, julle is so reg , dit is feite. Dit is ook ‘n feit dat in baie oorlogsgeteisterde lande minder mense daagliks sterf as wat in die hool vermoor word.

Willem Pelser ·

ANA-AP – Maroelamedia beweeg ook al nader aan die Media 24 verslaggewing styl: Ek stem met Werner saam oor die 53 wat weer vandag in Suid-Afrika vermoor word – nie ‘n woord daaroor nie want dan doen ons die reënboog illusie skade aan. Wonder wat die Yanks oor ons daaglikse massamoorde sal sê as dit nie ‘n geheim was nie?

Dieter ·

Ontspan Willem ou pêl.
Elke land se moordsyfer is op Worldatlas (waarskynlik ‘n paar ander websites ook).
Dis nie ‘n geheim nie.
Hoekom sal die VSA nou iets oor ons moordsyfer wil sê?
Dit beinvloed net so min hulle lewe as wat die werkloosheidsyfer in Hongarye of die egskeidingsyfer in Albanië hulle beinvloed.

Gerrit ·

Wonder altyd wanneer só iets in SA gaan gebeur. Hier is soveel woede

Gemaskerde Sopbeen ·

Gerrit? Onder watter klip bly jy? Dit gebeur al lankal in Suid Afrika….53 keer per dag. Verskil is, hier word nie uitgebasuin nie….ons het gewoond geraak…

Pikkewyne ·

Is tien teen een beloof en betaal deur die duiwelse demokrate om die daad te pleeg sodat hulle gewere uit wetgehoorsame burgers se hande kan neem en sodoende ook hulle vryheid. Sonder wapens sal kriminele net ander metodes gebruik om hulle dade te pleeg. Soos byvoorbeeld om bomme te plant, ens…

Al ·

Elke land het sy probleme, maar ai Amerika word netso geteister. Dan wil mense nog emmigreer soontoe.
Ek bly maar net in SA, my kinders het geleer om hul eie geleenthede hier te skep.

Jimmy ·

Dit gaan om statistiese waarskynlikheid. Die waarskynlik dat jy hier in ‘n koeël se pad gaan beland is groter as in die VSA. Is daar rasgedrewe plaasmoorde in die VSA? Ek glo nie so nie.

Awie Opperman ·

Is dit net ek of is dit vir julle ook snaaks dat wanneer die beweerde skieter se ras wit is huiwer geen nuusmedia om dit te rapporteer nie, maar sou die beweerde skieter van ‘n ander ras wees word die inligting weerhou.

Chris Beets ·

Slaaaan die spyker soooooi reg op sy plat koppie dit wil gedoen wees!!!!!!!!!!!

Mel ·

In Switzerland het elke burger n automatiese gesofistikeerde aanvalsgeweer. Mens hoor nooit van massa aanvalle nie. Dit weersoreek die argument dat due maklike bekombaarheid van pistols of gewere aanvalle aanmoedig .

Jacques ·

100% reg Mel. Hier is duistere dinge hieragter. Ek vermoed dis doelbewuste pogings om die 2nd Amendment in hulle konstitusie te skrap. Volgens my kennis is hierdie die 147ste massa skietery in die VSA die jaar. Ja, maar die pers rapporteer slegs wanneer die skieters blank is. Die ander skieters wat ons niks van gehoor het nie, was almal nie-blank. Nou vra ek, wat is aan die gang in die VSA???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.