5 dood, honderde pasiënte verbind met e-sigarette

Foto: (AP Photo/Nam Y. Huh, File)

Amerikaanse gesondheidsamptenare het mense versoek om die rook van e-sigarette voorlopig te staak terwyl hulle probeer vasstel hoekom dit ernstige asemhalingsiektes onder sekere gebruikers veroorsaak.

Die gesondheidsamptenare het 450 moontlike gevalle, insluitend vyf sterftes, in 33 Amerikaanse deelstate geïdentifiseer. Die meeste pasiënte is jonk en gesond.

Sterftes is reeds aangemeld in Indiana, Kalifornië, Minnesota, Illinois en Oregon.

Die siektes en sterftes is nie met een enkele tipe e-sigaret, vloeistof of bestanddeel verbind nie. Baie van die gebruikers wat siek geword het, het wel gesê hulle het e-sigarette gerook wat THC bevat het. THC is ʼn aktiewe bestanddeel van dagga.

Gesondheidsamptenare het slegs sekere longsiektes en waar die persoon binne die afgelope drie maande e-sigarette gerook het, in berekening geneem. Dokters sê die siektes kom voor as ʼn inasemingsbesering waar die liggaam blykbaar reageer op ʼn korroderende middel wat iemand ingeasem het. Van die simptome is kortasem, moegheid, pyn op die bors en braking.

Die longsiektes het almal vanjaar aan die lig gekom en die getal gevalle wat aangemeld word, is besig om drasties toe neem.

“Ons wonder almal of dit nuut is of dit net die eerste keer geïdentifiseer word,” het dr. Dana Meaney-Delman van die Amerikaanse Centers for Disease Control and Prevention (CDC), gesê.

Die CDC stel intussen ondersoek na ʼn klomp tipes bestanddele, insluitend vitamien E-asetaat, wat gebruik word om daggavloeistof vir e-sigarette te verdik, maar as gevaarlik beskou word as dit verhit en ingeasem word.

Terwyl daar ondersoek ingestel word na wat die longsiektes kan veroorsaak het dokters en gesondheidsamptenare mense gemaan om eers weg te bly van alle e-sigaretprodukte.

Meaney-Delman het gesê die vermyding van e-sigaretprodukte is “die belangrikste manier om hierdie ernstige longsiekte te voorkom”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Vaper ·

Maw moenie dagga en drugs vape nie!!. Ek is baie gesonder vandag ek sigarette ingeruil het vir n Vape.

Pieter ·

Glo jy dit maar…ek het genoeg respek vir my longe om nie enigiets te rook of te snuif nie.

Hab ·

Hier kom dit… Maar dis mos gesond man. Soos groente eet. Se hulle mos.

El ·

Gaan google “popcorn lungs” en. Vape niks met dagga op drugs te doen nie. Eks n roker as enige iemand naby my vape trek my bors so erg toe dat ek opgooi. Gaan lees mooi wat word uitgeblaas. Aerosol nie vog of mist of iets onskadelik nie. Daar is n 3jr studie gedoen wat bewyse het dat dit nog erger as sigaret rook is.

Adephi ·

Het jy dalk ‘n link na daai studie? Sal graag dit wil sien.

En al wat ek op google kry is studies wat “popcorn lung” verkeerd bewys.

Gustav ·

Ek weet dit vir baie mense moeilik en selfs onmoontlik, maar om gladnie te rook nie, is die beste

Zaks ·

Nie rokers is altyd afsiek by werk, julle nog nooit dit agtergekom nie.

Santie ·

Zaks Jy praat so uit die perd se bek.

Nie rokers le lank siek na bv n operasie in hospitaal.

ROKERS IS BAIE VINNIG OP EN GESOND NA Ń OPERASIE WANT HULLE GAAN SOEK DADELIK NA Ń ROOK AREA..
EK HET NOG NIEMAND GEHOOR WAT HOM DOOD GEROOK HET NIE
MAAR WEL DOOD GEDRINK HET.

@Zaks ·

Ek kan maar eintlik net lag vir jou stelling, by ons is die mense wat die meeste af siek is die wat hulle kinders as verskoning gebruik… Nee wat ons het ‘n kantoor vol mense wat nie rook nie gehad wat maar ook onder die winterskieme deurgeloop het, veral een wat baie te sê gehad het oor rokers.

Niklaas ·

E sigarette is net effektiewe manier om afhanklikheid van pyptabak en sigarette te breek . Vape gerus vir ‘n maand. Dit het gewerk vir my.

Christine ·

Hoekom moet n mens in elk geval rook ongesond en stink.Ek wil nie naby iemand sit wat rook .

carel ·

dis baie maklik om op te hou met rook. maak soos ek. kry net 2 hartaanvalle in n week , een operasie en geen sigarette meernie

Jax ·

Dis nie die e-sigaret self nie – dis die gemors wat mense daarin daarin sit wat die probleem is!
Ek vape al vir meer as 5 jaar – ek het n Twisp gekoop en koop slegs hulle produkte! Ek gaan elke jaar vir n volledige mediese ondersoek en is steeds blakend gesond.
As jy n strawwe roker is, gaan oor na vaping – baie minder skadelik as sigarette!
As jy n nie-roker is – hou daarby. Moenie nou wil vape nie!
Alles wat TE is, moet vermy word en ken die produk wat jy wil gebruik. Doen navorsing daaroor
Oor-eet/te min eet, dronk-drink ens is net so skadelik vir jou liggaam. Waarom kry n mens n kroon op jou kop as dit lyk of jy jare laas ge-eet het? Dit is baie meer skadelik om so maer te wees maar tog kry die mooiste maerse die kroon.
Dis n simpel wêreld met die weirdste idees en gevolgtrekkings
As jy geen balk in jou oog het nie – los dan my vape in my hand. Ek doen jou geen skade aan nie!

Koosie ·

Nou ruk hul weer die hoender van die nes af. Hul almal is getoets en het THC ge vape. Wens die mense wil al die feite reg kry. Ongelukkig in die VSA is vaping besig om groot te word en dit is besig om die groot tabak maatskappye se wins te eet.
Vape maak nie siek of dood nie, dom mense wat dit verkeerd gebruik doen, nes messe nie mense uit hul eie dood steek nie…..

Jason ·

Koosie, ek kon dit nie beter stel nie. Ek is van sigarette af na Vape en is skoon vir amper 160 dae sonder sigarette. Die mense wat iets oor kom van vape, krap en peuter waar hulle nie moet nie. As jy rubbish vape sal jy siek word. Sterkte vir die Tabak besighede wat jaloers is en so groot fuss maak van vape agv die dat hulle so baie geld nou verloor!!!

Christa ·

Rokers Sal Altyd rede vind hoekom hulle rook. Sonde Bly sonde. Jou liggaam Moet tempel van Here wees. Rokers het geen saak met ander se gesondheid nie.
Nie eers hul eie kinders word ontsien nie.

Herman ·

Ja nee Christa, speel die bybel kaart. Is dit nie maar ook sonde om ander te “judge” nie?

Nika ·

@ Herman,

Christa se komentaar is nie oordeel nie, dis n feit. Daar is baie ouers wat by hul kinders sal rook, rokers het geen respek vir hulself of ander nie. Jou liggaam is n tempel van God.

Die feit bly staan as jy dit aan jouself wil doen…. dit is jou keuse.

RLN ·

As die Vader wou gehad het die mens kan rook het Hy hom n skoorsteen gegee en dit is nie jou neus nie.

Nika ·

@johan, God het die plant gemaak en op aarde gesit, wat die mense met die plant gedoen het kan nie op God blameer word nie. As jy n verskoning soek hoekom jy rook moenie geloof daarin sleep nie dis jou eie besluit en jou eie onvermoë om self-beheersing toe te pas.

Willie Jordaan ·

Gister oggend is ‘n jong man in Randburg dood aan presies dieselfde simtome. Die familie glo ook dis as gevolg van Vape rook.

Adephi ·

Waar kry jy daai informasie vandaan?

Sal graag self wil sien.

El ·

As dit nie vir ons rokers se “sin” taxes is wat ons vir land betaal nie was S.A al 10 jr terug bankrot.

Chuck ·

Here we have a lot of stupid planks commenting on things they know NOTHING about!
VAPING ???? IS ???? SAFER ???? THAN ???? CIGARETTES ????
????

Attie. ·

As jy wil stink is dit goedkoper om in jou broek te …..as om te rook.

A Mac ·

Om te rook of nie? Om te vape of nie? Om te dagga of nie? En so kan ons aangaan. Elkeen doen wat hy wil en goed vind om te doen, hetsy dit nou sleg is vir jou of nie. Laat die rook wat wil rook en die wat wil vape en dagga ook, die gevolge is vir hul eie rekening en liggaam en niks wat ander sê gaan hul verander nie. En daar is mense wat bogenoemde berig ter harte sal neem en ander wat dit sal afmaak as twak of dan nou wasem, dis hul eie besluit. My persoonlike opinie is dat die vape net so sleg ruik soos rook.

Michael ·

Almal wat dink vape is gevaarlik is verkeurd.Sigarette is gevaarlik.Jy kan vir 5 jaar lank vape dan sal jou longe skoon wees.Rook siggarette vir 5 jaar en jou longe is … vuil.Om te vape is nie.As jy il vape kan jy vape maar moet net nie nicotene of daai goed in sit nie want dit us wat diy gevaarlik maak.

Anti-vape ·

Ek self het sigarette verruil vir vape. Ek was amper dood. Het 10 maande gevape, ek het gelyk soos n geraamte. Was depressief, geen eetlus, wou net slaap, het n kuggie gehad. Ons het gedink ek het dalk kanker omdat my gesondheid so vinnig agteruit gegaan het. Tot een oggend met vakansie wat my man die vape gevat het en hom weggegooi het. Hy was vas oortuig dat ek siek was agv vape – en raai wat! Dit was, ek het na 10 dae my eerlus begin terug kry. Ek het toe nooit kanker nie, dit was die newe effekte van vape. Ek is nou 5 jaar skoon van sigarette en vape. Ek het heeltemal herstel van my siekte toestand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.