5-jarige oorlede ná fratsongeluk in restaurant

Die Sun Dial-restaurant in Atlanta in die VSA. Foto: http://www.sundialrestaurant.com

ʼn Vyfjarige seuntjie van Charlotte in die VSA is Vrydag oorlede ná ʼn fratsongeluk in ʼn restaurant op die 73ste verdieping van ’n gebou in Atlanta.

Warren Pickard, ʼn woordvoerder van die Atlanta-polisie, het aan USA Today gesê die seuntjie het aan erge kopbeserings beswyk.

Die vyfjarige en sy gesin wat van Charlotte af kom, het tydens hul verblyf in Atlanta die Sun Dial besoek – ʼn roterende restaurant wat ’n gewilde toeriste-aantreklikheid is.

Dele van die restaurant se vloer roteer deurentyd sodat die restaurantgangers ʼn 360-grade-uitsig oor die stad kan hê.

Volgens Pickard het die seuntjie van sy ouers weggedwaal voor hy tussen die gleufie van die standvastige deel en die roterende vloer beland het.

Pickard meen dié gleuf is nagenoeg 17 cm breed.

Restaurantpersoneel het hom onmiddellik te hulp gesnel, maar dit was reeds te laat.

“Dit was ʼn oomblik, dalk nie eens nie, en toe is hy vasgevang in die gleufie. ʼn Jong kind weet nie wat om in so ’n oomblik te doen nie, en sy liggaam is verbrysel.”

George Reed, die bestuurder van die hotel waarin die restaurant is, het gesê hulle is deurentyd in kontak met die familie om te hoor hoe hulle die gesin kan bystaan.

“Woorde kan nie ons hartseer beskryf nie – ons innige simpatie is met die familie,” het hy gesê.

ʼn Ondersoek na die voorval duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Griki ·

Hier kom ‘n groot eis teen die restaurant. Die “gleufie” is ‘n groot gleuf en moes beveilig gewees het. Dit is absolute nalatigheid aan die restaurant se kant.

Danie ·

Daardie gleuf is groot genoeg om ‘n volwasse mens te vermink of te dood. Dit is growwe nalatigheid as so opening toegangbaar was deur enige iemand. Sekerlik gaan hier kriminele en siviele sake volg.

Jenny ·

Die gleuf moet toegespan wees of ten minste moes daar waarskuwings opgerig gewees het .. baie hartseer… verhoed eerder ‘n ongeluk as om agterna te moet ‘cover’ daarvoor.

Ouvrou ·

Kinders is veronderstel om te sit en eet en nie rond te loop nie. Tafel maniere bestaan nie meer nie. En dis nou die uiteinde daarvan.

Koos1 ·

Gleufie is 1-2cm.
‘n Gleuf is 5-6cm.
‘n Sloot is 17cm! Dis so groot soos ‘n nr. 8 skoen!!

marous ·

Reg Koos. Redelike rondomtalie restaurant eienaars sou kon voorsien dat sloot gevaarlik genoeg is vir beserings en selfs kind om in te val en sou stappe gedoen het om dit te beveilig.

Ouers moet kennis neem! ·

Sjoe hierdie is ongelooflik sleg. Ek kan dit amper nie glo nie – hoe afgryslik vir daardie ouers. Die restuarant kon so ongeluk vermy het en moet regtig ‘n boete opgelê word of iets – dit mag nooit weer gebeur nie. Maar ouers moet asb kennis neem en kyk na julle kinders. Kinders mag nie afdwaal by hulle self nie. Hulle moet altyd onder jou oë wees – dis jou plig as ouers om te kyk wat jou kind doen en ten alle tye jou kind op te pas. Daar is bitter min plekke waar jy maar net kan ontspan en jouself geniet en nie hoef te bekommer waar jou kind is en wat hulle doen nie. Daar is eintlik geen so plek nie. Let op en wees altyd bewus van wat hulle doen en waarmee hulle besig is. Hier is te veel frats ongelukke deesdae – ek dink ouers moet meer oplettend wees ivm hul kinders se doen en late. Veral die kleintjies

Koos1 ·

Nee Kyknet, dit is nie so eenvoudig nie. As dit ‘n leeuhok was dan sou jy reg wees, maar dit is ‘n restaurant waar kos bedien word. Hulle kan en gaan wetlik aanspreeklik gehou word. As die ouers die risiko voorsien het dat hul kind sou sterf, dink jy hulle sal nog steeds daar gaan eet het?

Annatjie Kruger ·

Ek dink nie dat die restaurant verantwoordelik gehou kan word nie. Die ongeluk kon in ‘n McDonald’s plaasgevind het, waar hy oor iemand se voet kon struikel en met sy kop in ‘n harde voorwerp te lande kom, wat ook sy dood kon veroorsaak.

simon ·

Slim verslaggewer. Weet hoe om draagbare “calculator” àte gebruik.
Die seun se kop het in n gleuf van NAGENOEG 17 CM geval.
Niemand, maar niemand in hotelbedryf sal 17cm akkuraat kan skat nie.
Die voorval het tewens in Amerikaanse gebeur waar centimeters geheel onbekende eenhede vsn meting is.
Op sy beste kon die grootte van die gleuf geskat gewees het as ” between 6 and 7 inches”. n Goeie gemiddelde sal dan 6 1/2 “inches” wees en 6 1/2 inches kan om gereken word na nagenoeg 17cm.

Niemand kan die grootte van n man skat op naastenby 1.778 meter nie, maar omgereken is dit naastenby 6 voet in Amerika en dit sou wel moontlik wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.