5 van gesin verdrink toe hulle selfie wou neem

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Vyf lede van ’n Indonesiese gesin het verdrink toe ’n houtstruktuur waarop hulle gestaan het om ’n selfie te neem, ineengestort het.

Dít volg nadat ’n soortgelyke voorval vroeër vandeesmaand die lewe van nege toeriste geëis het.

Die Indonesiese polisie het Donderdag gesê ’n gesin van 14 was by die skilderagtige Kandi-meer in Wes-Soematra toe hulle Woensdag op ’n houtstruktuur bymekaargekom het om ’n groepfoto te neem. Die struktuur het egter onder die gewig meegegee en ineengestort.

“Hulle het ’n selfie op die dek geneem toe die voorval gebeur het,” het Junaidi Nur, plaaslike polisiehoof, verduidelik.

Die liggame van vyf gesinslede, onder wie ’n tiener (17), is uit die water gehaal. Die res van die gesin het almal oorleef.

Nege toeriste is vroeër vandeesmaand in soortgelyke omstandighede dood toe ’n oorlaaide boot in ’n reservoir op die Java-eiland omgeslaan het. Die toeriste het tydens die voorval ook ’n selfie probeer neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Spookasem

What a sad day for that family. Is there no warning about maximum weight / amount of people allowed on these structures?