50 sterf tydens bomaanval by troue

Die toneel ná 'n bomaanval by ʼn troue in Gaziantep, Turkye (21 Augustus 2016) (Foto: IHA via AP)

Die toneel ná ‘n bomaanval by ʼn troue in Gaziantep, Turkye (21 Augustus 2016) (Foto: IHA via AP)

Minstens 50 persone is Saterdag dood en talle beseer tydens ʼn bomaanval by ʼn troue in Gaziantep, Turkye.

Pres. Recep Tayyip Erdogan het vroeg Sondagoggend ʼn verklaring uitgereik om die “afgryslike” bomaanval te veroordeel en gesê die Islamitiese Staat (Isis) is “waarskynlik die oortreders” van die selfmoordbomaanval.

Die goewerneur se kantoor het aanvanklik gesê 30 persone is dood en 94 beseer, en later die dodetal verhoog na 50, sonder om ʼn getal van beseerdes te bevestig, volgens die staatsbeheerde Anadolu Agency. Dit is die dodelikste aanval van 2016.

Turkye het die afgelope jaar deur verskeie aanvalle deurgeloop waarna Koerdiese militante verantwoordelikheid aanvaar het, of waarvoor Isis die skuld gegee is. Vermeende IS-militante het in Junie Istanbul se lughawe aangeval en 44 mense is dood.

Die aanval kom terwyl die land nog probeer herstel ná verlede maand se onsuksesvolle staatsgreep. Die regering het die Amerikaans gebaseerde Moslem, Fethullah Gulen en sy volgelinge, van die staatsgreep beskuldig. Gulen het enige betrokkenheid ontken.

Erdogan het gesê daar is “absoluut geen verskil” tussen Isis, Koerdiese rebelle en Gulen se beweging nie en beskryf dit as “terreurgroepe”.

Eerste minister Binali Yildirim het die bomaanval veroordeel en gesê “ʼn huwelikseremonie is in ʼn plek van berou verander”.

Die polisie het die perseel afgesper en forensiese spanne het met hul ondersoek begin. Volgens Anadolu Agency is van die liggame reeds na die Gaziantep-lykshuis geneem.

Honderde inwoners het by die perseel vergader en gedreunsing “Allah is groot” met slagspreuke wat die aanvalle veroordeel.

Turkse owerhede het die media verhoed om dekking te gee aan die aanval totdat die ondersoek afgehandel is.

-Suzan Fraser het uit Ankara tot hierdie berig bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

Oooh goeie genade!!!! Dis afgryslik! Arme mense….
Dat iets so mooi in iets so onwerklik en hartseer kan ontaard!
Wat is die doel van so ‘n sinnelose moord aanval???

Maria van Dieweeck ·

Blykbaar n tiener, hemel, die mense moet iets fout he in hul koppe. Afgryslik, dan wil die Thulsie tweeling huil oor onregmatige arrestasie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.