500 onder kwarantyn geplaas ná ebola-geval

Mediese personeel van Dokters Sonder Grense neem kos na pasiënte by die organisasie se behandelingsentrum in Kailahun, Sierra Leone (20 Julie 2014) Foto: Tommy Trenchard, Reuters (via blogs.wsj.com)

Mediese personeel van Dokters Sonder Grense neem kos na pasiënte by die organisasie se behandelingsentrum in Kailahun, Sierra Leone (20 Julie 2014) Foto: Tommy Trenchard, Reuters (via blogs.wsj.com)

Meer as 500 persone is in Sierra Leone onder kwarantyn geplaas nadat ʼn ebola-geval die afgelope naweek bevestig is.

ʼn Hele dorpie in Tonkolili word 21 dae lank onder kwarantyn geplaas en dissiplinêre stappe kan teen die stamhoof gedoen word omdat hy versuim het om gesondheidsowerhede in kennis te stel, het Sidi Yayah Tunis, hoof van kommunikasie by die Nasionale Ebola-reaksiesentrum (NERC), aan Xinhua-nuusagentskap gesê.

Meer as 30 personeellede by ʼn plaaslike hospitaal wat die ebolapasiënt versorg het, is deel van die groep wat onder kwarantyn geplaas is.

Die pasiënt is eers na ʼn tradisionele geneesheer geneem toe hy ebola-simptome getoon het, in plaas daarvan dat hy dadelik na ʼn hospitaal geneem is, het ʼn beampte gesê. Die persoon is intussen dood.

Die NERC doen ʼn beroep op die publiek om aan versoeke van die gesondheidsowerhede te voldoen, aangesien ebola steeds ʼn bedreiging bly. “Een fout en ebola begin weer van voor af,” het Tunis gesê.

Drie gevalle is die afgelope twee weke in Sierra Leone aangemeld.

Lees alle vorige berigte oor ebola op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ben ·

Toe ek die foto bo sien, dag ek dit is”Star-Troopers” uit Star Wars. Regtig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.