58-jarige man aangekla vir onwettige aanhouding van Nederlandse gesin

Die afgeleë geboue waar die Nederlandse gesin vir nege jaar lank afgesonder is (Foto; ANA)

’n 58-jarige Oostenrykse man in Den Haag, Nederland, is in hegtenis geneem en gaan Donderdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn Nederlandse gesin nege jaar lank onwettig aangehou het.

’n Gesin van ses is vandeesweek in afgeleë geboue op ’n plaas in Ruinerwold, noordoos van Amsterdam, ontdek nadat een van die gesinslede die plaas verlaat het in ’n poging om hulp te kry by ’n plaaslike kroeg. Hy het glo vyf biere bestel, alles onmiddellik opgedrink en toe die kroegman in sy vertroue geneem.

Die beskuldigde, wat tans slegs as Jozef B bekend staan, word na bewering verantwoordelik gehou vir die isolering van die gesin. Volgens die plaaslike burgemeester het die ses gesinslede, ʼn pa en sy vyf kinders tussen 18 en 25 jaar oud, in geïmproviseerde kamers gewoon.

Volgens die Nederlandse media was die 25-jarige gesinslid wat gaan hulp soek het die afgelope paar weke op sosiale media aktief. Hy het onder meer gesê hy werk vir ’n maatskappy wat deur die beskuldigde bestuur word.

Daar word berig die gesin het hulle heeltemal aan die samelewing onttrek uit vrees dat die wêreld besig is om te vergaan.

Die man wat die plaas gehuur het waar die gesin gevind is, is aanvanklik deur die polisie in hegtenis geneem omdat hy nie met die polisie wou saamwerk nie. Die ondersoek is Woensdag voortgesit met owerhede wat nabygeleë gebiede gefynkam het.

Melanie Kompier, woordvoerder van die Nederlandse vervolgingsgesag, kon nie verdere inligting gee oor die saak of die identiteit van die beskuldigde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

C.J.P. ·

Ek gaan ook sommer vandag na werk gaan hulp soek. Drink eers vyf biere dan vra jy vir hulp.

C.J.P. ·

Ek gaan ook vanmiddag na werk gaan hulp soek. Drink eers vyf biere en dan vra ‘n mens vir hulp.

Ellisras ·

Wat is dit in die Oostenrykers se gene dat hul mense wil aanhou. Opsluit. En terloops Hitler is in Oostenryk gebore.

Gert van Wierdapark ·

Hier by ons sou dit nie gewerk het nie want die skelms sou so plan gou-gou in die kiem gesmoor het met hul misdadige teenwoordigheid!

Mielies ·

Dankie Ellisras – het lanklaas so lekker gelag oor ‘n kommentaar. Belaglik en oningeligte kommentaar maar nietemin lagwekkend! Moenie huil as jy jouself vir ‘n toffie uitgee en dan gekou word nie!

madels ·

En Mielies wat is so belaglik en oningelig oor Ellisras se kommetaar. Hitler is in Oostenryk gebore. Josef Fritzl is ook n Oostenryker en hy het ook n monster genoem omdat hy sy eie kinders verkrag en aangehou het vir baaaie jare. Miskien het Ellisras n punt hier beet… Gelukkig is nie alle Oostenrykers so nie, ek het wonderlike vriende wat in Oostenryk bly :-)

Huh ·

Na 5 biere het ek nie meer hulp nodig nie, dan is ek quite relaxed dankie he he en los sommer al die probleme self op.

Watwou, die storie klink maar wollerig. Beste deel is die bier

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.