6 toeriste by ski-oord dood toe motor hul tref

Nooddienste vroeg vanoggend op die toneel. (Foto: Freiwillige Feuerwehr Luttach via AP)

Ses jong toeriste is Sondagoggend by ’n ski-oord in die noorde van Italië dood nadat ’n dronk motoris glo met sy voertuig in hulle ingeploeg het.

Die voorval het kort na 01:00 in die klein dorpie Luttach, ook bekend as Lutago, naby Bolzano in Suid-Tirol plaasgevind. Die slagoffers is vermoedelik almal van Duitsland en in hul vroeë 20’s.

Plaaslike owerhede sê 11 ander is in die voorval beseer, waarvan vier in ’n ernstige toestand is. Die 28-jarige bestuurder van die motor se bloedalkoholvlak het die voorgeskrewe perk oorskry en hy is op aanklagte van strafbare manslag in hegtenis geneem.

Die straat waarin die voorval plaasgevind het. (Foto: Helmut Moling, AP)

Die toeriste was na bewering op pad terug van ’n plaaslike nagklub toe die voorval plaasgevind het. Die slagoffers is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KaterinaKat ·

Dis afgryslik. Dat een selfsugtige mens soveel hartseer en pyn kan veroorsaak..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.