62-jarige vas na moltrein-skietery

Frank James (Foto: Michael M. Santiago/Getty Images/AFP)

’n 62-jarige man is in hegtenis geneem in verband met Dinsdagoggend se voorval waar tien mense op ʼn volgepakte moltrein in Brooklyn, New York, geskiet is.

Frank James, wat daarvan beskuldig word dat hy twee rookbomme afgevuur het voordat hy op passasiers losgebrand het, sal van terreur aangekla word. James kan tot lewenslange tronkstraf gevonnis word indien hy skuldig bevind word.

Niemand is in Dinsdag se aanval dood nie. Nog 13 mense is beseer tydens ’n stormloop in ’n poging om van die trein af te kom. Die motief vir die aanval is steeds onbekend.

James is al nege keer tussen 1992 en 1998 in hegtenis geneem op aanklagte van onder meer betreding, diefstal en wanordelike gedrag.

Die polisie het op die toneel op ’n 9 mm‑Glock-pistool, drie magasyne en ’n byl beslag gelê. James se kredietkaart en sleutels van ’n bussie wat hy gehuur het, is ook op die toneel gevind. Hy sal Donderdag in ’n hof verskyn.

Daar was Woensdag ’n streng polisieteenwoordigheid op die 36th Street-stasie in Brooklyn waar die aanval plaasgevind het.

Volgens die polisie het James ’n gasmasker opgesit toe die trein Dinsdag in spitstyd by die stasie aangekom het, waarna hy die rookbomme en 33 skote afgevuur het.

James het verskeie video’s van homself op YouTube gelaai waar hy lang, soms aggressiewe, politieke tirades lewer. Hy het ook Eric Adams, burgemeester van New York, in die video’s gekritiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
ES

Nee wat, laat hy maar sit. Hopelik kom hy nie weer uit die tronk nie.

melaney

Nege keer vantevore in hegtenis geneem? En hy bevind hom weer op straat? Hierdie man smeek om weer op ‘n tronkbed uit te kamp.

Kirst

Hy is al nege keer in hegtenis geneem. Snaaks dat hy sedert 1998 nog nie weer in hegtenis geneem is tot nou nie, maar dit wys net weer dat “a leopard doesn’t change its spots”.

marius

Dis NYC waar niemand vas is nie . Dieselfde soos in die hool .

Niklaas

Hierdie kerel is gek oor die tronklewe , dis nou duidelik. Sonder enige motief het hy dit als gedoen.