62 sterf ná vliegtuig neerstort

Argieffoto: commons.wikimedia.org

Argieffoto: commons.wikimedia.org

Altesaam 62 mense aan boord ʼn vliegtuig van ʼn laekoste-lugredery is dood nadat ʼn Boeing 737-800 Saterdagoggend in die suide van Rusland neergestort het.

Die vliegtuig van FlyDubai, wat van Dubai onderweg was na Rusland, het by die Rostov-on-Don-lughawe neergestort terwyl dit in swak weerstoestande probeer land het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek. Die meeste van die passasiers aan boord was van Rusland. Die 62 mense sluit die bemanningslede in.

ʼn Bron op die toneel het omstreeks 09:30 (Suid-Afrikaanse tyd) aan die nuusagentskap RIA Novosti gesê dat een van die vliegtuig se twee vlugopnemers op die ongelukstoneel gevind is. Die soektog na die tweede vlugopnemer (algemeen bekend as swartboks) duur voort.

Bron: ANA – Sputnik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tiger ·

Aangesien daar ‘n hewige storm gewoed het en die vlieenier vir 2 ure in die rondte gevlieg het met die hoop die storm bedaar net een vraag.Waarom het hy nie ook na ‘n ander lughawe uitgewyk nie maar eerder ‘n landing vorseer het?Dit maak nie sin nie.Alle vlieeniers WEET slegte weer is NIE hul vriend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.