65 dood in ontploffing by motoronderdeel-aanleg

Foto: STR/AFP/Getty

Foto: STR/AFP/Getty

Minstens 65 mense is Saterdag dood en talle het ernstige brandwonde opgedoen tydens ʼn ontploffing by ʼn aanleg in China wat motoronderdele aan General Motors verskaf.

Meer as 100 mense is beseer, het Xinhua-nuusagentskap gesê.

Daar was meer as 200 werkers op die perseel toe die ontploffing om 07:37 by ʼn werkswinkel in die fabriek plaasgevind het, aldus Xinhua.

Reddingswerkers het reeds meer as 40 liggame uitgehaal, en minstens 25 mense het by die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Die fabriek word bestuur deur Kunshan Zhongrong Metal Products-maatskappy wat hoofsaaklik elektroplatering van allooiwieldoppe behartig. Die maatskappy verskaf die wieldoppe aan General Motors en ander maatskappye.

Volgens Xinhua het ʼn voorlopige ondersoek bepaal dat dit waarskynlik ʼn stofontploffing was. Só ʼn ontploffing vind plaas wanneer partikels in die lug in ʼn geslote ruimte vasgevang word en dan met ʼn vonk in aanraking kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peter Says ·

Stofontploffings is dodelik, maar dit kan voorkom word met die regte toerusting ( Scrubbers) in plek. Dit kom neer op wanbestuur. Tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.