Annegret Raunigk, ʼn onderwyseres van Berlyn wat binnekort aftree, sal na verwagting binne die volgende twee maande lewe skenk, het die Bild-koerant en RTL-nuuskanaal berig.
Raunigk se 13 ander kinders is tussen nege en 44 jaar oud en by vyf verskillende mans verwek. Volgens Raunigk het sy besluit om weer swanger te raak aangesien haar negejarige dogter ʼn jonger broer of suster gesoek het.
Raunigk se besluit het egter hewige kritiek ontlok onder medici wat meen dit is ʼn risiko vir haar en haar ongebore babas.
“Die liggaam van ʼn 65-jarige is beslis nie gemaak vir swangerskap nie – nie vir een kind nie en nog minder vir ʼn vierling,” het dr. Holger Stepan, hoof van obstetrie by die Universiteit van Leipzig, aan die DPA-nuusagentskap gesê.
Raunigk het aan Bild gesê eier- en spermselle van skenkers is in ʼn kliniek buite Duitsland bevrug en daarna ingeplant. Raunigk het eers ná verskeie pogings swanger geraak.
Aitsa. Hupse ou tante die. En sy gaan groot hoor. 4 op `n slag. Mit wohlgevalle und freude. Sehr gut !!!! LOL.
Ag Nina dit was `n ou glipsie man. Gun tog die ou tante haar plesiertjies. As ek die foto so kyk is dit `n Oktoberfest in Munchen (umlaut missing) foutjie gewees.
“Raunigk het aan Bild gesê eier- en spermselle van skenkers is in ʼn kliniek buite Duitsland bevrug en daarna ingeplant.”
Daar was dus geen “plesierjie” by betokke nie, maar “malligheid” en dan is sy nog ‘n onderwyseres ook. Wat ‘n voorbeeld!!!!
Watter kliniek is so gulsig dat hul die inplanting op ‘n 65-jarige goedkeur en doen, terwyl hul al die gevare en gevolge weet?
Ai Ai . Hoe selfsugtig kan mens wees om op so n ouderdom nog kinders in die wereld te bring, en nogal 4 van hulle. Arme bloedjies wie gaan hulle groot maak? Sy kan seer sekerlik ‘n ou “plesiertjie ” geniet, sonder om babas te maak. Die kliniek is voorwaar “gulsig”
om geld te maak.
Ek dink sy sal Zuma ‘n goeie go gee. Sy is ook nog ‘n hele paar jare jonger as hy. Een van die dae het sy meer kinders as hy (gelukkig nie so baie mans nie). HAHAHA!!!