67 dood ná hulle vergiftigde bier drink by begrafnis

Argieffoto Foto: theseahorseandthepentagram.wordpress.com

Argieffoto Foto: theseahorseandthepentagram.wordpress.com

Altesaam 67 mense is in Mosambiek dood nadat hulle oor die naweek vergiftigde bier gedrink het by ʼn begrafnis.

Bronne in die hospitaal het gesê die tuisgemaakte bier is moontlik met krokodilgal vergiftig.

Gaste by die begrafnis het Saterdag by ʼn plaaslike kroeg siek geword ná die seremonie in Chitima in Cahora Bassa.

Die kroegeienaar, wat die bier gebrou het, haar twee kinders en ʼn plaaslike beampte is van die slagoffers.

Meer as 100 mense ontvang steeds behandeling in ʼn plaaslike hospitaal.

Meeste van die slagoffers se liggame is steeds by die hospitaal, aangesien die lykshuis in Cahora Bassa slegs kapasiteit het vir twee liggame.

Alexandre Manguele, minister van gesondheid, het gesê bloedmonsters en monsters van die besmette bier sal na die hoofstad Maputo gestuur word vir toetse.

Mosambiek oorweeg die moontlikheid om Suid-Afrika te versoek om die oorsaak van dood te help bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannelie ·

Genugtig! ‘n Lykshuis in Afrika met slegs kapasiteit vir twee liggame?!

scalla ·

Hoekom in sa kom hulp soek, sorteer self jul probleme en burgers se gedrag uit, lyk eerder na n partie as n begrafnis, seker weer battery suur in gegooi.

Eish! ·

Ek wonder wat is die prys van die bier? Ek het ‘n paar liter nodig……………….

Drieks ·

Apartheid se skuld dat hier nog so baie slim mense in SA is….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.