7 boeties en sussies sterf in huisbrand

Brandbestryders bring die brand onder beheer in Brooklyn, New York (21 Maart 2015) Foto: Richard York, DailyMail

Brandbestryders bring die brand onder beheer in Brooklyn, New York (21 Maart 2015) Foto: Richard York, DailyMail

Sewe boeties en sussies, tussen vyf en 15 jaar oud, het Saterdag in ʼn huisbrand in Brooklyn, New York, gesterf.

Die ma en een van die sussies het die brand oorleef. Die brand het vermoedelik ontstaan weens ʼn foutiewe warmplaat.

Drie meisies, onderskeidelik agt, 12 en 15 jaar oud en vier seuns, onderskeidelik vyf, ses, sewe en 11 jaar oud, het agter in die huis lê en slaap toe die brand uitgebreek het. Die ma en ʼn vierde sussie kon deur die venster ontsnap. Hulle is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Die pa was nie by die huis toe die brand uitgebreek het nie.

Meer as 100 brandbestryders het ure lank gespook om die brand onder beheer te bring. Volgens Daniel Nigro, kommissaris van die brandweer in New York, het gesê dit is die ergste brandtragedie in byna ʼn dekade in dié stad. Nege mense van een gesin het in 2007 in ʼn huisbrand in die Bronx omgekom.

Klik hier om nog foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.