7 kinders by skool vermoor

misdaadtoneel

Argieffoto

Sewe leerders is vermoor en 12 beseer in ’n voorval buite ’n skool in Shaanxi, China.

“’n Verdagte het omstreeks 18:10 [Chinese tyd] leerders met ’n mes aangeval toe hulle ’n skool in Mizhi County verlaat het. Die verdagte is in aanhouding en die beseerdes ontvang behandeling,” het die plaaslike owerhede in ’n verklaring gesê.

Die vermeende aanvaller is ’n plaaslike inwoner en het voorheen by die skool waar die aanval plaasgevind het skoolgegaan. Hy is volgens berigte jonger as 18 jaar. Ander berigte beweer egter dat hy 28 jaar oud is.

Volgens die polisie wou die aanvaller glo wraak neem omdat hy glo geboelie is toe hy die skool bygewoon het. Meeste van die slagoffers is meisies.

Foto’s wat op Chinese sosiale media versprei is wys hoe die slagoffers in hul skooluniforms in plasse bloed lê terwyl ’n jong man wat ’n swart baadjie en ’n blou denim aan het deur die polisie aangehou word.

Die slagoffers se ouderdomme wissel glo tussen 12 en 15 jaar oud. Daar was die afgelope paar jaar verskeie noodlottige mesaanvalle in China. Tussen 2010 en 2012 is meer as 25 kinders vermoor en meer as 100 beseer in mesaanvalle by skole, berig die BBC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Msp ·

Dis darm baie sleg. Geen mens het die reg om n kind se lewe te neem nie. Lyk of nie net by ons nie maar wereldwyd mense aan die “moord” siekte ly…

Waarheid ·

Kranksinnigheid! genade asb… is wat die werêldskinders nié sonder kan bestaan.?

Kaufman ·

Soveel kinders word daagliks, eerder uurliks in hierdie land vermoor. En vergelyk dit met die enorme groot bevolking van China, dan weet jy hoe geweldadig ons land is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.