$7 miljoen vir Boko Haram-leier aangebied

Abubakar Shekau, leier van Boko Haram (Foto: Beloning vir Geregtigheid/Twitter)

Die Amerikaanse owerhede het ʼn beloning van $7 miljoen (meer as R100 miljoen) aangebied vir enigiemand wat inligting het wat tot die inhegtenisneming van die Boko Haram-leier, Abubakar Shekau, kan lei.

Die staatsdepartement, onder die naam Beloning vir Geregtigheid, het Woensdag die aankondiging op Twitter gemaak. WhatsApp- en Telegram-kontakbesonderhede word ook verskaf.

Die militante Islamitiese groep is al sedert 2009 in konflik met die Nigeriese regering en meer as 15 miljoen mense se lewens is al deur die groep geraak. Die groep teiken die Nigeriese onderwysstelsel, val skole, studente en onderwysers aan in die noordooste van Nigerië, en ontwrig toegang tot opvoeding en maatskaplike dienste, veral vir jonger kinders.

Boko Haram is gekant teen enigiets wat “Westers” is, insluitend stemmery in verkiesings, om hemde en broeke te dra en ʼn sekulêre opvoeding te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

madels ·

Sjoe! Hulle is nogal ernstig om die mannetjie vas te trek. Hoe wens ek nou ek het geweet waar hy is dan is ek skatryk! :-). Net n grappie! Ja voorwaar dis nou hoogtyd dat die vent gevang word want hy is n wapen in die hand van satan wat net verwoesting saai waar hy kom! Ek hoop hul vang hom binnekort!!!

Johan ·

Tata my vriend, met so beloning op jou kop kan jy maar begin om te groet. Jou eie mense gaan jou weggee, tata.

Leeuwyfie ·

As Amerika ‘n groenkaart byvoeg dan sal ek begin soek.

Kallie Kraamkettie ·

Boko Haram het nog net 15 miljoen mense se lewens geraak en die beloning is $7m.
Wonder wat sal die beloning wees wees vir die ANC hoë se koppe wat al 50 miljoen plus se lewens verwoes het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.