70 j. getroud toe sterf hul minute ná mekaar

Wilf Russel (93) en sy vrou, Vera (91) Foto: Leicester Mercury/Stephanie Welch

ʼn Egpaar van Leicestershire in die Verenigde Koninkryk se roerende storie raak die harte van duisende aan nadat dié twee, wat 70 jaar lank getroud was, etlike minute ná mekaar oorlede is.

Wilf Russel (93) en sy vrou, Vera (91), is die afgelope naweek vier minute na mekaar dood verklaar.

Stephanie Welch, die egpaar se kleindogter, het aan die Leicester Mercury-koerant vertel Wilf se gesondheid het drasties agteruitgegaan nadat demensie in 2016 by hom gediagnoseer is.

“My ouma kon hom nie meer versorg nie en hy was die laaste jaar in ʼn tehuis waar mense na hom kon omsien,” het sy vertel. “My ouma het hom onlangs gaan besoek en hy het haar glad nie herken nie. Dit was vir haar ʼn groot skok en haar gesondheid het skielik ook agteruitgegaan.”

Stephanie is kort daarna in die Leicester Royal Infirmary-hospitaal opgeneem.

“Ek het haar Sondag gaan besoek en toe sy haar oë oopmaak, het sy my gevra waar Wilf is. Toe ons later praat, het sy vir my gesê sy laaste woorde aan haar was: ‘Ons is regte pasmaats, nè?’”

Wilf is Woensdag om 06:50 oorlede en Vera om 06:54.

Volgens Welch het die familie nie vir Vera gesê Wilf is oorlede nie, maar sy meen haar ouma het dit tog geweet.

“Ek dink sy het gewag vir hom om te gaan sodat sy by hom kon aansluit. Hulle was ʼn wonderlike egpaar – altyd liefdevol en goed vir almal.”

Die egpaar het ontmoet toe Wilf 18 jaar oud was en Vera 16. Hulle het verloof geraak voordat hy in die Tweede Wêreldoorlog gaan veg het en getrou nadat hy teruggekeer het.

Hulle word oorleef deur twee seuns, vyf kleinkinders, sewe agterkleinkinders en twee agter-agter kleinkinders.

Bron: Mirror

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Charmaine Coetzee ·

Wat n voorbeeld vir baie getroudes so mooi verhaal.xxxxc

Lourens ·

Dis n bewys dat liefde werklik bestaan. Dis so awesome mooi !!!!

Louis ·

Die dood het nie die mag om sulke liefde net tot niet te maak asof dit nooit bestaan het nie , darom glo ek aan die ewige lewe na die dood waar die twee geliefdes weer hand aan hand kan stap langs mekaar .

riana ·

dis so mooi storie met so hartseer in dit.
Dit gebeur gewoonlik as iemand so lank bymekaar is die een kan nie sonder die ander een meer lewe nie en sal ook nie.

Leon ·

Ja baie mense trou vir geld in die wereld vandag en nie liefde nie maar hierdie glo ek met my hele hart dit is liefde tot op die einde van die twee senoir burgers dit is n bewys dat liefde nie verkeurd is met die regte bedoelings

Daniel ·

Ware liefde is wanneer jy se jy sal saam met daai persoon na hierdie lewe nog steeds saam wil wees.Baie mooi voorbeeld van hoe n huwelik moet wees Egte liefde tot die einde

Francois le Cochon ·

Het Stephanie Welch regtig in Afrikaans met Leicester Mercury gepraat? “My ouma kon hom nie meer versorg…………….”

Zorro ·

Stem saam met Piet. Francois, “Rather pass a wind than a comment” Pragtige lewensverhaal. Ek kon net 22jaar met my vrou getroud gewees het toe die kanker haar kom. Sou ook vir 70 jaar wou gewees het

Ange ·

Sjoe, laat my dink aan The Notebook. Dit was nou ware liefde.

angelique ·

Dit laat my so aan my oupa dink,hy en my ouma 66 jr getroud en hy is oorlede laas week hul so lief vir mekaar so hartseer om my ouma te sien so alleen hul ons bewys oor en oor daar bestaan ware liefde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.