70-jarige vrou skenk geboorte aan tweeling

Safina Namukwaya (Foto: Women’s Hospital International and Fertility Centre)

 ʼn 70-jarige vrou van Uganda het geboorte geskenk aan ʼn tweeling, het haar dokter Donderdag gesê. Die ma sê dit is ʼn wonderwerk.

Safina Namukwaya was verheug toe haar tweeling Woensdag by ʼn hospitaal in Kampala gebore is. Sy het vrugbaarheidsbehandeling ondergaan.

“Dit is ʼn buitengewone prestasie vir Afrika se oudste ma om ʼn tweeling op 70 jaar oud te kry,” het dr. Edward Tamale Sali, wat toesig gehou het oor haar swangerskap en bevalling, aan AFP gesê.

Volgens Sali gaan dit goed met ma en babas – ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie. Hulle is steeds by die internasionale vrouehospitaal en vrugbaarheidsentrum wat hy opgerig het.

“Ek het nie woorde om my vreugde te beskryf nie,” het Safina gesê. Sy woon in die landelike gebied van Masaka, sowat 120 km wes van Kampala. “As 70-jarige word ek as swak beskou, nie in staat om swanger te raak of geboorte te skenk of om na ʼn baba om te sien nie, maar hier is ʼn wonderwerk van die tweelinge,” het sy telefonies aan AFP gesê.

Sy het in 2020 ook geboorte geskenk aan ʼn babadogtertjie ná sy gespot is as die “vervloekte vrou” wat nog nooit ʼn kind kon hê nie.

Haar eerste man is in 1992 oorlede sonder dat hulle ooit swanger geword het. Sy het haar huidige lewensmaat in 1996 ontmoet.

Safina is egter teleurgesteld dat haar lewensmaat nog nie by haar kom kuier het sedert sy hospitaal toe gekom het nie.

“Miskien is hy nie gelukkig dat ek ʼn tweeling gekry het nie, want mans wil nie weet dat jy meer as een baba kry nie, uit vrees vir die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Wònnerwerke of wolhaarstories? Ek is sò in afwagting om die vroumense in diè groep, se opinies te hoor. :-)

A.S ·

Dis heentemal simpel!! Maar natuurlik sal ek ook nie omgee om kinders te kry as als verniet vir hulle gaan wees nie!

Witbaard ·

Dis n onreg teenoor die kinders. Hulle gaan grootword met ‘n ma wat heel moontlik ook versorging nodig het.

Jax ·

Absoluut belaglik om op 70-jarige ouderdom vrugbaarheidsbehandelling te ondergaan. Dit is nie regverdig teenoor daai kindertjies nie. Ek het baie gegrip vir ander kulture maar, terwille van daai kinders, moes sy nie die behandelling ondergaan het nie. Dit gaan vir my oor twee babatjies en hul ouer sussie wat nie gevra het om in die wêreld te kom nie en heel moontlik op n vroeë ouderdom wees sal wees. So onregverdig teenoor daai kindertjies.

Kensy ·

As daar eenige waarheid in die storie steek, is dit niks anders as n publicity stunt nie. ” Volgens Sali gaan dit goed met ma en babas – ʼn seuntjie en ʼn dogtertjie. Hulle is steeds by die internasionale vrouehospitaal en vrugbaarheidsentrum wat hy opgerig het! Ek kan nie help om te wonder op die ma dalk iets ontvang het om haar liggaam proefkoenyn te hou nie??

Manie ·

As dit in SA gebeur het, het die staat haar Sassa sommer vertiendubbel as beloning vir goeie prestasie.

Bolandse Nooi ·

Dit klink amper vir my soos daai 10-ling van Gosiame Sithole wat na bewering op 7 Junie 2021 “gebore” is. Ek kan nie glo dat dié “dokter” ‘n 70-jarige met IVB laat swanger raak het nie – ek glo dit was net ‘n “publicity stunt”. Hoe dink dié vrou, wat moet van die kindertjies raak wat sy in die wêreld gebring het as sy ‘n regte “octogenarian” raak met allerlei skete en oumens-siektes? Wie gaan hierdie kindertjies grootmaak?

miche ·

Ek dink nou skielik aan daai SA vrou wat glo 10 kinders gebaar het. Wat het van daai storie geword?

LOUIS ·

Die lewe raak siek verby. 70 jaar en kinders groot maak. Man, kuier nie eers nie. Groot probleem ???

kommentaar ·

Sê my net, wie gaan na hulle kyk oor 13 jaar. Menopause is daar vir n rede dink ek, ek hlo ook nie die Dr het Baie eties opgetree nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.