73-jarige stapper week ná verdwyning gevind

Die pamflet wat uitgedeel is tydens die soektog na die 73-jarige Eugene Jo. (Foto: Los Angeles County Sheriff’s Department via AP)

ʼn Stapper wat vermis geraak het in die berge noord van Los Angeles in die VSA is Saterdag, ʼn week ná sy verdwyning, gevind.

Volgens owerhede het die 73-jarige Eugene Jo oorleef deur water uit ʼn spruit te drink, hoewel hy dae lank niks geëet het nie.

Meer as 70 mense was Saterdag in die berge om na Jo te soek. Hy het op 22 Junie saam met ʼn groep na die piek van berg Waterman geklim toe hy op ʼn manier van die groep geskei is. Hy was sedertdien vermis, tot ʼn helikopter se bemanning hom Saterdag in ʼn kloof in die San Gabriel-berge opgemerk het.

Die kloof was glo ʼn hele ent weg van die oorspronklike roete waarop die groep gestap het.

Die helikopter het Jo uit die kloof gered en na veiligheid gelig. Hy is daarna na ʼn hospitaal geneem om ondersoek te word, maar volgens owerhede het hy geen ernstige beserings opgedoen nie. Die Montrose‑soek-en-reddingspan het getwiet Jo kon “loop en praat” hoewel hy vir minstens vyf dae niks geëet het nie.

Temperature in die berge was genadiglik matig in die week wat hy vermis was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Droogte ·

Laas toe ek in die Namib was het ek niks water vir 2 weke gedrink nie, net bier.

SjN ·

Droogte, jou grapjas, jy ken die storie van die kameel, wie het jou so hard op die boggels geslaan.

anton ·

Moet se as hy op 73 nog berge kan uitklim moet hy beslis nog sterk en gesond wees.
As ek op die huis se dak klim, moet ek rus vir 2 ure en dan moet die brandweer my kom afhaal. ;-)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.