Stephen Collins, die akteur wat bekendheid verwerf het as die pa en pastoor in die televisiereeks 7th Heaven, het glo in ʼn opname erken dat hy een meisie in New York en een in Kalifornië gemolesteer het, berig TMZ.
Die polisie in New York ondersoek ook aanklagte dat hy homself jare gelede aan minstens drie minderjarige meisies ontbloot het.
Volgens die vermaakwebwerf het Collins se vervreemde vrou, Faye Grant, glo die opname gemaak tydens ʼn terapiesessie in 2012. Collins erken in dié opname die misdrywe.
Bron: TMZ (Waarskuwing: die berig en klankgreep is nie vir sensitiewe kykers of kinders bedoel nie.)