8 rykstes ter wêreld ryker as 3, 6 miljard ander

Foto: Oxfam

Foto: Oxfam

Agt van die wêreld se rykste mense is ryker as helfte van die armste deel van die mensdom saam, volgens ʼn verslag van Oxfam International.

Die navorsingsverslag, wat pas deur Oxfam, ʼn internasionale organisasie wat armoede beveg, bekendgemaak is, dui daarop dat die krisis van wêreldwye ongelykheid nuwe afmetings aanneem.

Volgens die verslag besit die wêreld se rykste agt mense meer rykdom as minstens 3,6 miljard ander.

“Ongelykheid is ʼn daaglikse werklikheid vir miljoene Amerikaners wat sukkel om te oorleef. Dit vorm deel van ʼn wêreldwye tendens, waar die rykes meer wins maak uit onregverdige politieke stelsels en die armes net armer word,” lui die verslag.

“Tussen 1988 en 2011 het die armste 10% van Amerikaners se salarisse met gemiddeld $427 per maand gegroei, terwyl die rykste 10% se salarisse met gemiddeld $13,490 gegroei het.”

Die verslag het ook die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, se planne om rykes minder belasting te laat betaal, getakel.

“Uiteindelik beteken dit agt mense het soveel ekonomiese mag soos 3,6 miljard ander mense. Die stelsel kan met ander woorde nooit regverdig wees nie.”

In ʼn verslag deur die Tax Policy Center is bevind Trump se planne, om belasting te sny, sal neerkom op 2% minder belasting vir die middelklas, terwyl die rykstes 13, 5% minder belasting sal betaal.

Oxfam het nie die agt rykste mense se name in die verslag bekend gemaak nie, maar volgens Forbes se lys van miljarders is dié mense Bill Gates, Amancio Ortega, Warren Buffet, Carlos Slim Helu, Jeff Bezod, Mark Zuckerberg, Larry Ellison en Michael Bloomberg.

Bron: Oxfam, CBS News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Kiepie

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning, die berig is byna onmiddellik gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Henk ·

Maroela, opskrif foutief, moet wees 3,6 miljard, nie miljoen nie

Landi Slatter ·

Dagsê Henk

Baie dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning, die berig is byna onmiddellik gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Paul ·

Twak.
Die metings van “rykdom” wat Oxfam gebruik, is geheel en al onbruikbaar en onvergelykbaar.

Ig ·

Nou wat is fout daarmee om die vrugte te pluk vir jou harde werk?Dit help nie om jaloers op iemand te wees wat sy kanse benut en sukses behaal het nie.Die bybel sê mos die armes sal altyd met ons wees.

brenda ·

Ek wou iets hier sê…toe sien ek reg langsaan; Sit n wag voor jou mond…..

Leandri ·

Ek stem absoluut saam dat daar niks fout is daarmee om die vrugte te pluk vir jou harde werk nie.

Ek kry wel die mense jammer wat as kassiere werk vir groot korporasies, van wie die CEO miljoene huis toe vat vir Desember bonus, maar die kassiere word R400 ‘n week betaal. Dis nie eers R2000 ‘n maand nie.

Daardie mense het ook ‘n gesin om voor te sorg, kinders wat moet boeke en skool klere kry en hul taxi werk uit op amper helfte hul lone.

Jy sal dalk nie met my saam stem nie, maar ek sou dink R100 000 bonus ipv ‘n miljoen is genoeg van ‘n bonus en dan kan die mense vir wie hul werk bietjie meer billike lones kry.

Ek stem ook saam dat die vrot appels wat nie wil werk nie en net bakhand wil staan, moet kry wat hulle toekom. Maar daar is wel ‘n paar wat wil werk. Vir ‘n skamele bedraggie geld per maand terwyl die CEO’s van daai companies net ryker word.

Die grootkoppe maak al hoe meer en meer geld, maar betaal hulle mense net net genoeg om te oorleef en soms ook nie eers nie.

Maar nou ja, selfsug is maar aan die orde van die dag in vandag se tyd.

Cherokee ·

Ig, sou jy sê dat iemand wat ± ‘n R¼ miljard belastinggeld gebruik om ‘n eie paleis te bou, ‘vrugte pluk vir harde werk’?

Annemarie ·

Ek het so vermoede dat die groot bohaai oor die “verskriklike ongelykhede” daarop gaan neerkom dat die rykes hul geld vir die armes moet “gee” terwyl hul self jare se sweet en bloed moes insit! Die lewe is nie regverdig nie en skuld niemand niks! As jy werk gaan jy vooruit! As jy bakhand staan gaan jy altyd bly staan in dieselfde ry! Bou ñ bruggie en kom daaroor! Gun elkeen wat hom toekom waarvoor hy gewerk het…..

Jan B ·

Ek stem saam Ig daar is niks fout om die vrugte te pluk van harde werk nie. Waarmee ek wel ‘n probleem het is indien die rykdom kom soos die artikel lees dmv. onregverdige politiek stelsels.

gatiep ·

Ok daai is die rykste mense nie so groot probleem nie.Waar is die rykste vamielies se name van hulle sal julle nooit hoor nie. Dis hulle wat soos die maffia te werk gaan.

vermeende ·

Daar is geen fout om tyk te wees nie maar die super rykes sal aansienlik meer belasting moet betaal en nie minder nie.

90% van die wereld se geld sit in die hande van 1% van die wereld se bevolking. Dit is geld wat so te se uit surkulasie gehou word en as krediet aangebied word deur banke as lenings.
Lenings skep nie werk nie dit maak die rykes net nog ryker uit rentes verdien, handel skep werk want dit skep n aanvraag na produkte nie lenings nie.

Johan ·

Dit is net nie reg nie. Hoeveel van daai rykes het ryk geword op goedkoop arbeid in derde wereld lande? Ek noem dit maar net.

Lance ·

Gun hulle dit en wees saam met hulle bly. As jy dit wil he sal jy hard moet werk …niks kom op n silver skinkbord. Snaaks how die dom mense altyd net wil vat by ander en vir niks wil werk nie ….gee hom n plaas dan en sien wat gebeur ….kyk maar na zim daar is al die antwoorde …geen kos geen water geen geld …maar hulle het dan nou grond ….huh ?

John ·

Nou toe, kom ons probeer weer kommunisme en sosialisme invoer en dan kyk ons wie daarna die rykstes is en hoeveel armes daar oor is. Rusland het dit probeer en gelos. Sjina moet die hele wereld met gemors oorspoel om nie katastofiese opstande te beleef nie en in Kuba ry almal en bly almal in 1950-styl-tjorre en vervalle -pondokke en die res in Amerika of dokter siekes in SA vir kosgeld. Moeilikheidmakers sal die’ een ook na Trump gooi, kyk maar…

E ·

Iewers in die bybel staan dat aan die einde van dae die rykes, ryker sal word en die armes armer. Miskien kan iemand my help met hierdie een.
Aan die ander kant het ons ń groot troos en iets om na uit te sien: Open. 3:18,21.
Ek preek nie, sê net. Geluk kom van binne en as jy hard werk en beloon word dan is dit ook lekker om jou kinders te bederf en voorsorg te tref. Niks fout met die vrugte eet van jou arbeid nie.
Ons is mos nie lui mense nie, of hoe?
My pa het altyd gesê die grootste siekte is luiheid.
En ja, jy mag nie begeer nie. Ek sukkel self nog soms met hierdie een.
Wees die beste mens wat God bedoel het vir jou om te wees, en geniet die lewe. Geld is nie alles nie.

Annatjie Nieuwenhuys ·

Ek kry die armes verskriklik jammer, om te lewe is nie goedkoop. Baie wat redelike salarisse verdien en wat elke dag hard werk moet ook begroot, maar ek gun die wat skatryk is dit wat hulle het, want hulle het dit verdien. Hulle moet elke dag ook mooi na hulle sakebelange omsien van hulle het ook uit arm omstandighede uitgekom en besluit dit is nie hoe hulle wil bly leef nie het hard gewerk en hulle entrepeneurs vernuf ingespan ek gun hulle elke rand, pond en doller. Die wat verder gestudeer het is sekerlik ook geregtig om meer te verdien as die een wat net graad 12 het. Dit is ongelukkig so dat in baie lande selfs ons in Suid Afrika sit met ‘n korrupte regering en munisipaliteite wat ons staatskaste so plunder dat elke keer as daar ‘n verskriklike geld tekort is moet hulle kyk waar kan nog belastings gehef word en dit het ongelukkig al begin uit die apartheidsdae en nou buit die ANC regering dit nog meer uit.

Jean ·

Ek verstaan NIE hoekom ekonomiese/finansiele ongelykheid mense so pla nie? Hoekom word hierdie mense as sondaars uitgemaak, as kapitaliste en gieriges? Gun elkeen sy sukses en die geld wat hy daarmee gemaak het. Ek is glad nie jaloers op Bill Gates, Mark Zuckerberg ens nie, hulle was op die regte tyd op die regte plek met die regte produk, hoekom moet hulle geld MY nou pla? Dit pla my meer as REGERINGSAMPTENARE wat na ‘n land moet omsien en dit nie doen nie in die geld rol en GELD MORS op luukshede (ONS belastinggeld). Die privaat persoon se geld is SYNE en jy het niks daarop te se nie. Ek verstaan nie hoekom moet almal ryk wees nie? IN alle lande is daar arm mense, en ryk mense en gemiddelde inkomste verdieners, hoekom word die rykes altyd uitgekryt? Dis na my mening PURE JALOESIE. Gun ander mense hulle geld. Ek is self ‘n gemiddelde inkomste verdiener, met ‘n gemiddelde lewe, gemiddelde karretjie en huisie, en draai my sente om om elke maand uit te kom en ek GUN mense wat op ‘n eerlike manier geld gemaak het hulle WEALTH!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.