8 sterf in stormloop by konsert

Blomme is neergelê voor die ingang van die musiekfees waar agt mense tydens ‘n stormloop dood is. (Foto: Alex Bierens de Haan/ Getty Images via AFP)

Agt mense is dood en talle beseer nadat gretige toeskouers die verhoog tydens ʼn konsert van die kletsrymer Travis Scott in die Amerikaanse deelstaat Texas bestorm het.

Sowat 50 000 mense het Vrydagaand tydens ʼn musiekfees in Houston vir die konsert bymekaargekom. Tydens die optrede het aanhangers van agter af vorentoe na die verhoog gedruk en chaos veroorsaak. Die tragedie het ongeveer 21:30 Amerikaanse tyd plaasgevind.

“Mense kon nie asem kry nie en het links en regs flou geval,” het Raul Marquez, ʼn konsertganger, aan AFP gesê. Hy sê baie mense het gedrink en dwelms tydens die konsert gebruik.

“Sommige mense het nie omgegee nie en dié wat op die vloer gelê het, vertrap of hulle bloot geïgnoreer. Dit was intens.”

Meer as 520 polisiebeamptes en 750 sekerheidswagte was tydens die fees ontplooi.

Gavyn Flores (18), nog ʼn konsertganger, sê hy is ure lank aan die kant van die skare teen een van die afskortings vasgedruk. Hy het gehelp om diegene wat uit die gemaal kon loskom, oor die afskorting te help klim.

Sylvester Turner, burgemeester van Houston, het Saterdag aan die media bevestig dat agt mense, tussen die ouderdomme van 14 en 27 jaar, tydens die konsert dood is. Altesaam 25 mense moes ook na die hospitaal vervoer word en meer as 300 mense is op die toneel vir ligter beserings behandel.

Turner sê die polisie ondersoek die saak en praat met konsertgangers en ooggetuies. “Die stad het nog nooit so ʼn tragiese gebeurtenis beleef nie.”

Scott het Saterdag getwiet hy is “absoluut verpletter” deur wat tydens sy konsert gebeur het. Die res van die fees, wat Saterdag sou voortgaan, is gekanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Barney ·

11 kinders is dood aan hartaanvalle. Hoekom? Slegs gevaksineerde mense was toegelaat by die konsert.

Maroela ·

Dit kom van ‘n televisie onderhoud met ‘n sheriff op die toneel, wat bevestig het dat ten minste 8 uit die 11 mense wat gesterf het, het gesterf aan hartaanvalle. Ek het nie enige nuus gesien wat bevestig het dat al 11 aan hartaanvalle oorlede is nie.

Anonymouse ·

MM, ek kan nie glo dat julle moderering sulke kommentaar goedkeur nie. Dis hoe fopnuus versprei word. Die man het geen idee waarvan hy praat nie, of enige ander artikels oor die gebeure gelees nie, en stel net belang om sy eie propaganda te versprei.

Ou bees ·

Ja nee kyk glad nie baie vars nie maar nou ja daar moet mense soos jy wees

AmY ·

Superspreaders.
Ek sou dit nie naby daai konsert gewaag het nie.

Wielspore ·

Het vanoggend ‘n video clip gesien wat geneem is by een van die ingange, mense het letterlik deur die ingange gehardloop, struikel en val, polisie het skare probeer beheer met min sukses. Met verwysing na die misbruik van drank en dwelms by die geleentheid, soort soek soort.

Vrijburger ·

Jip. Travis Scott is ‘n rapper, so die aanhangers se gedrag kom nie as ‘n verrassing nie. Verlede jaar het die selfde by sy konsert in Houston gebeur, net minder ernstig.

Janice ·

Ek het gister hiervan gelees in ‘n Texas koerant. Die jongste persoon wat dood is was net 10 jaar oud.

Debby ·

Dis wat gebeur as jy mense soos diere wil opsluit vir n hele ruk en dan die hekke oopmaak

melaney ·

Ek het nog nooit by so konsert gaan kuier nie. Ek hoort eenvoudig nie by so ‘n plek nie.

Pietertjie ·

Dit laat my só dink aan daai storie van die goeie ou dae toe die koning se woord nog Wet was:
“Ons is honger!” mor die gepeupel. “Gaan dinges!” sê die koning. En die hele volk kreun. “Wat van die koningin?”. “Die koningin se dinges!” antwoord die koning. En tientalle is dood in die stormloop.

JohanR ·

Wat maak ‘n 10 jarige by soe konsert? Seker soe kort toe die stormloop begin dat hy nie eers raak gesien is nie?

Ou bees ·

Drank en dwelms se baie dis die kombenasie wat die ergste dinge laat gebeur so dit is maar altyd n tydbom wat wag om af te gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.