80-jarige Biden wil weer Amerikaanse president wees

Joe Biden. (Foto: AP Photo/Carolyn Kaster)

Die Amerikaanse president, Joe Biden, het Dinsdag amptelik aangekondig dat hy in 2024 weer aan die presidensiële verkiesing gaan deelneem.

Biden het sy herverkiesingsveldtog op die vierde herdenking van sy terugkeer na die politiek formeel in ʼn video van drie minute lank van stapel gestuur.

“Elke generasie het ʼn oomblik waar hulle moes opstaan vir demokrasie, opstaan vir hul fundamentele vryhede,” lui ʼn boodskap op die president se amptelike Twitter-blad, wat hy saam met die video gedeel het.

Biden moedig Amerikaners in die video aan om hom “nog vier jaar te gee sodat hy kan afhandel wat hy begin het”.

Hy herhaal ook ʼn paar bekende temas in die video.

“Toe ek vier jaar gelede as presidentskandidaat gestaan het, het ek gesê ons is gewikkel in ʼn stryd vir die siel van Amerika – ons is steeds.

“Die vraag wat ons onsself moet afvra, is of ons in die jare wat voorlê meer of minder vryheid het? Meer of minder regte? Ek weet wat ek wil hê die antwoord moet wees.

“Dit is nie ʼn tyd om selfvoldaan te wees nie. Dit is hoekom ek my vir die herverkiesing beskikbaar stel,” sê Biden in die video.

Hy eindig die video met die woorde “kom ons maak die werk klaar”.

Die 80-jarige Biden is reeds die oudste president in Amerikaanse geskiedenis. Indien hy suksesvol tot ʼn tweede termyn verkies word, sal hy 82 wees by sy tweede inhuldiging en 86 wanneer hy sy amp verlaat.

Trump het reeds sy veldtog vir die presidentskap van stapel gestuur wat die slagordes opstel vir ʼn stryd tussen die twee op 5 November volgende jaar.

Albei word as gunstelinge beskou om hul benoemings te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Frank ·

More vra hy: “Wat??? Het ek dit gister gesê???? Nou weet ek my kop raas!!”

Koos 100 ·

Dis tyd wêreldwyd dat daar ‘n beperking geplaas word op die ouderdom van leiers.

Hierdie is absurd. Is sy pensioen so sleg dat hy moet aanhou werk?

Suzette ·

Selfde in SA tussen 70 en vrot maar hulle wil n land lei? Nee wat 60 is nie “te oud” of te jonk nie ek stem saam, maar na 65 dink ek werklik landsleiers moet die stokkie aangee vir die jonger generasie. Gaan geniet jou oudag terwyl jy nog “helder kan dink en redeneer”. Daar is n PLEK en n TYD vir KOM en GAAN. Gaan as jou tyd verby is

Hennie Biebouw ·

Wel, uit die Demokrate se kant is daar Robert F Kennedy Jr. Maar heelaas blyk dit dat die Demokrate nié beplan om debatte te hou deur die primaries nie. Aan die Republiekeine se kant is daar ‘n paar goeie keuses. My gunsteling :tickets: sou betsaan uit Vivek Ramaswamy / Tulsi Gabbard of DeSantis/Ramaswamy

Manie ·

Ek wil graag ANC vry wees, Biden wil graag weer president wees. Beide is wensdenkery.

JD ·

Albei word beslis nie as gunstelinge beskou nie, siende dat Biden dan minder as 50% van die demokrate se steun het om weer vir die president te staan.
Maar nou ja, hy gaan in alle waarskynlikheid weer “wen”

Anel ·

Ag, asseblief. Ja, hy eil seker dit wat hy begin het klaar mask en dit is om Amerika in ‘n tweede Suid Afrika te verander. Hy is al halfpad daar. Alles afgebreek wat Trump op gebou het!!!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis te betwyfel of hy weet wat om af te handel. Trouens, daar gaan niks wees om af te handel nie.

Frikkels ·

Hy soek nog 4 jasr sodat alle goeie dinge wat Trompie gebou het, weer afgebreek kan word. Hy moet gaan rus. Die ouderdom laat hom irrasionele besluite neem!

piet ·

Ek het iewers gelees dat hy voel hy MOET weer staan omdat hy dink Camilla Harris gaan nie die mas opkom nie. Hy’s blykbaar vies vir haar omdat sy nie wil “pa” staan vir moeilike besluite nie, sy ontwyk blykbaar hierdie tipe aangeleenthede. Hy moet blykbaar oor dinge besluit wat sy veronderstel is om self te behartig. So kortliks gestel – Harris wil nie die punch vat nie maar sy wil in die pos wees.

Grassie ·

Daar word nou ‘n bewering van verkragting teen Trump gemaak. ‘n Vroue joernalis beweer Trump
het haar 30 jaar gelede in ‘n winkelsentrum gemolesteer. Die liberales sal enigiets probeer opdis om hom af te takel. Ek stem saam met Koos hier bo oor die ouderdomskwessie.

annie ·

Biden is die gerieflikste president vir die New Agers, die CIA, die EU en almal wat WO3 begeer. Hy is kinds.

Anna-marie ·

Wie beheer Biden? Die antwoord is: Die Nuwe Wêreld Orde goons: S0r0s, Clintons, Bill Gates, Victoria Newland, Blinkin, WEF (Klaus Schwab), CIA, FBI en ander.

andre ·

Kom Trump aan bewind stop die oorlog in Ukraine en die beplande oorlog teen China .Dis nie wat die linksdenkendes en westerse Media aanjaag nie !

Jaco ·

Ek het nog steeds hoop vir Biden, want hy en sy hoogheilige Demokrate het so ‘n mooi oop “human rights” georiënteerde immigrasiebeleid. Ek wonder net, dít kan mos ook tot SA se onderdrukte wit mense se voordeel wees: ramaphosa kan al SA se “rassistiese” wit mense wat so “erg ongelykheid” in SA skep, mos na die “oop” Amerika deporteer. En Biden sal dan so min of meer verplig wees om ons in te vat. Dit sal mos nou mooi wys hoe sy “non-racial, non-discriminating human rights” werk.

Lillian ·

Ha-ha-ha. Jy kan nie eens onthou in watter rigting om te loop nie wat nog te sê om weer te staan vir die presidentskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.