80 sterf daagliks in Indië weens lugbesoedeling

New Delhi Foto: tatacenter.mit.edu

New Delhi Foto: tatacenter.mit.edu

ʼn Minister in die regering in Indië het Vrydag gesê tot 80 persone sterf daagliks in die hoofstad, New Delhi, weens lugbesoedeling.

Prakash Javadekar, minister van omgewingsake, het in ʼn verslag aan die parlement gesê lugbesoedeling is een van verskeie faktore wat verantwoordelik is vir die hoë sterfgevalle in die stad. “Volgens ʼn internasionale studie wat onlangs vrygestel is, sterf tot 80 persone daagliks in Delhi,” het hy gesê.

Die verslag, “Epidemiologiese studie oor die invloed van lugbesoedeling op menslike gesondheid in Delhi”, is tussen 2002 en 2005 saamgestel en ʼn tweede studie is tussen 2003 en 2005 onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Windhond ·

“In SA we have 47 murders a day. That sort of figure is what one would expect in a war zone.” and your point is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.