81-jarige Martha Stewart nou ook ‘Sports Illustrated’-model

Martha Stewart is nou ook ‘n voorbladmodel. (Foto: Martha Stewart/Instagram)

Van tronk tot tydskrif.

Die 81-jarige glanspersoonlikheid, Martha Stewart, het ’n nuwe titel wat nou agter haar naam pryk: voorbladmodel vir die Sports Illustrated-tydskrif. Dié pluimpie beteken ook dat sy die oudste model is wat nog ooit op dié tydskrif se voorblad verskyn het.

Sy is in ’n wit bikini in die Dominikaanse Republiek vir dié voorblad gekiek.

“Ek dink nie baie aan ouderdom nie, maar hierdie is nogal geskiedkundig en ek beter goed lyk,” het sy oor die ervaring vertel.

Martha het in die 1970’s ’n spysenieringsonderneming geopen, maar het eers in die 1990’s bekendheid verwerf met haar tydskrif, Martha Stewart Living. Dié tydskrif en haar gepaardgaande media-teenwoordigheid het tot haar status as miljardêr bygedra.

Sy is in 2004 vyf maande tronkstraf opgelê nadat sy skuldig bevind is aan verskeie aanklagte vir binnehandel. Sy was sedertdien by verskeie projekte betrokke om haar reputasie weer op die herstelpad te sit.

Sy was in haar eie werklikheidsprogram te sien en het selfs ’n noue vriendskap met die kletsrymer, Snoop Dogg, aangeknoop. Dié vriendskap het gelei tot ’n nuwe kosprogram, aangebied deur Martha en Snoop Dogg, wat in 2016 op die kassie te siene was.

Martha hoop om met haar Sports Illustrated-voorblad ander mense te inspireer om vreesloos deur die lewe te gaan.

“Ek hoop dat hierdie voorblad jou inspireer om jouself uit te daag om nuwe goed te probeer, maak nie saak in watter lewensfase jy jouself bevind nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

TruthDealer ·

Wow sy moes n hengse bedrag op kosmetiese operasies gespandeer het om op 81 nog so te lyk! Sy lyk dan nie ouer as 55 nie.

Maria ·

En ek glo die foto is bietjie baie gedokter, ek sal haar graag in die regte lewe wil aanskou! Sy lyk defenitief nie so goed nie, ek glo sy het insetsels in haar hare ook, geen vrou se hare op 81 is so natuurlik dik en gesond nie, nee wat, geen jaloesie nie, alles is on natuurlik.

madels ·

As Sarah (in die Bybel)o mooi was dat die konings in haar belang gestel het , kan ek glo dat n vrou op 81 SONDER KOSMETIESE INGRYPING baie mooi kan wees. Moet tog nie so jaloers wees nie, ek het al pragtige natuurlike vrouens oor 80 gesien met my eie oë

Cherokee ·

Pragtige antwoord madels. Vele van die kommentare drup van jaloesie.

Niklaas ·

Om op die ouderdom van 81 nog so te lyk , is uniek. Wie gee om dan vir plastiese sjirurgie as ‘n dame so kan lyk ?

isabelle ·

sy lyk pragtig MAAR dink sy is op die verkeerde tydskrif voorblad sy het heelwat klere aan vir n sports illustrated maar by gese sy lyk fantasties vir 81 en baie netjies …wat is haar geheim?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.