86-jarige vrou gevonnis ná bankroof

Emily Coakley. Foto: Philadelphia Polisie

ʼn 86-jarige vrou van Pennsilvanië in die VSA het skuld erken dat sy ʼn bank in Philadelphia probeer beroof het en is tot ʼn jaar se proeftyd gevonnis.

Associated Press berig Emily Coakley (86) het ʼn pleitverduideliking ingedien ter versagting van vonnis nadat sy skuld erken het op die aanklagte teen haar, wat onder meer die besit van toerusting om ʼn misdaad te pleeg insluit. Coakley is ook vroeër aangekla van roof, diefstal en aanranding, maar die aanklagte van roof en diefstal is later teruggetrek.

Maroela Media het vroeër berig Coakley het verlede jaar ʼn TD Bank binnegegaan, ʼn rewolwer op ʼn kliëntediensbeampte gerig en geëis dat die beampte $400 (ongeveer R4 800) aan haar oorhandig. Die polisie is ontbied en Coakley is sonder verdere drama in hegtenis geneem. Polisiebeamptes het ook op die vuurwapen beslag gelê.

Die aanklaer van die distrik het Dinsdag gesê Coakley het geglo dat die bank haar $400 skuld. Die staatsaanklaer het gesê dat haar gesondheid en die feit dat die vuurwapen nie gelaai was nie bygedra het tot die beslissing op ʼn proeftydperk sonder aanmelding.

Coakley se prokureur het nog nie kommentaar gelewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Nossob

Dankie vir jou terugvoer.
Die beskuldigde is gister gevonnis.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Dankie ·

Dankie Suné, nou weet ook ek dat die vonnis nie stokoud is . . .

Piet ·

Nee man die vrou is 86 jaar en miskien bietjie seniel ook , hulle kon haar gerus gelos het , of net onder huis arres geplaas het .

smurfie ·

Shame
Dalk was sy al vir dae sonder kos en moes op straat slaap. Hoe sal ons ooit weet? Nie almal wat vra vir hulp word altyd gehelp nie

Leoni ·

My ma word oor ses maande 87 en ek het nou net vir haar hierdie storie gelees (sy’s blind) en gesê ek aanvaar nie meer enige verskonings dat sy nou oud is nie. As hierdie tannie ‘n bank kon beroof op 86 kan my ma nog enigiets regkry! :)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.