87-jarige lê 15 maande lank dood in haar woonstel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 87-jarige het meer as ʼn jaar lank dood gelê in haar woonstel voordat owerhede op haar liggaam afgekom het, het die polisie in Kassel, Duitsland, Woensdag gesê.

Die vrou het vermoedelik in die somer van 2014 in haar bed gesterf en sy is aan die einde van verlede maand gevind. Die polisie vermoed nie vuilspel nie.

Die finale bevestiging van identiteit sal moontlik eers in die nuwe jaar gebeur, maar ondersoekbeamptes werk met die veronderstelling dat dit die 87-jarige huurder van Lohfelden is.

Die woonstel is oopgemaak as gevolg van waterskade in ʼn aangrensende woonstel.

Die woordvoerder van die polisie het gesê daar moes weke lank ʼn baie slegte reuk gewees het, maar niemand het dit aangemeld of agtergekom nie.

Die vrou se pensioen is outomaties in haar bankrekening inbetaal en die huur vir die woonstel is outomaties afgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dankie Claudette!
Ek hoop jy kuier nog sommer baie lekker verder op Maroela!

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Shiralee Parsons ·

Hoe vreeslik hartseer is dit nie. Dat nie een mens jou eens “mis” in die wereld nie,.

Peet Schabort ·

Die eensaamheid tussen mense wat erger is as die eensaamheid in die woestyn.

Karlien ·

Dis bitter hartseer dat niemand iets agtergekom het of haar gemis het nie. Mense leef langs mekaar en verby mekaar so hartseer wat van die mensdom word

Petra Scheurkogel ·

Jammer, maar waar is haar familie? Het sy nie kinders nie. Maak my hart so seer dat ou mense so verstoot word.

Sarie ·

Tye het verander. Gesinne is niè meer sò heg nie. Kinders gaan woon in die buiteland & diè wat nog in SA woon, is besig met hul eie lewens. Daar is nie meer bekostigbare “Oue Tehuise” nie. So diè gene wat nog ‘n blyplekkie hèt, of een kan huur, (al is dit net ‘n kamer) slyt maar hul dae in eensaamheid… Ek het al dikwels gewonder; hoè lank na mý afsterwe, iemand dit sal agterkom…. Ek bly meesal tuis. Miskien sal my 2 honde-kinders se gehuil & kerm oor kos, die bure se aandag trek… Sterkte aan àlmal wat alleen die stryd stry. Ek vertrou dat iemand julle Kersdag sal oornooi vir ete..

SNEL ·

So hartseer om te dink bure en ander het so min belang gestel om betrokke te raak, om net n hello te sê of so nou en dan n ietsie lekkers vir die tannie te vat, dat niemand haar eers gemis het nie. Hoeveel ou mensies sit nie in so bootjie nie. Dit is soos Peet sê, mens kan in n stad bly en nogsteeds voel asof jy op n eiland uitgespoel het en niemand het om mee te praat nie en op die ou einde is dit net jy en Wilson (die fliek Cast away, die bal waarop hy n gesig gestek het net om iemand te hê om mee te praat). Vreeslik om so te sterf en niemand mis jou eers nie.

Thea Gerber ·

Bitter hartseer dat niemand haar in soveel maande besoek het. Alles wat oud is, het groot waarde, ou meubels, wyn, motors, ens, maar ou mense het geen waarde nie. Dit is egter n eeuoue aanklag teen ons – ek dink aan die man by die Bad van Bestesda wat vir Jesus gese het dat hy niemand het wat hom kan help om in die water te kom nie. Die ‘ek het niemand’ moet vreeslik wees. Kom ons elkeen maak n punt daarvan om eenkeer in n maand vir een oumensie in ons omgewing te gaan kuier. Neem n klein geskenkie saam en kyk hoe ryker jy daar uitstap.

Linky van Zyl ·

Thea, dit is so baie waar dat oumense deesdae waardeloos ge-ag word. President Zuma het eenkeer gepraat van kinders wat hul ouers afskryf. Hoewel die grootste meerderheid van die Suid Afrikaners deesdae finansiel noustrop trek, is baie van die kinders blykbaar bang dat hulle n rand of twee aan hul ouers sal moet spandeer. In die meeste gevalle verlang ouers, soos ook myself, van hul kinders net n bietjie liefde en dit kos mos niks. Maar nou maak die kinders liewer nie kontak nie behalwe wanneer daar n groot erfporsie op hulle wag. Met ander woorde hoe groter die ouers se finansiele nalatenskap is, hoe meer aandag en liefde kry sulke ouers. Die ergste is dat sulke ouers dikwels die meeste van hul inkomste bestee het om vir hul kinders se geleerdheid te betaal, finansieel te help met die aankoop van n huis of motor en dikwels die kleinkinders se skoolgeld help betaal het.

Hettie ·

Wat van haar kinders en klein kinders? Broers en susters? Baie snaaks!

Sarie ·

@ Theresa: Bàie dankie dat jý nog ‘n hart vir jou medemens het. Ek is in die bevoorregte posisie dat my dogter my vir ete genooi het… Iets wat duisende ander niè beskore is nie. Ek het uit ‘n gesin van 10 gekom, waarvan èk die 2de jongste was. My laaste 2 broers het my onderskeidelik Des 2012 & Des 2013 ontval… Ek het dus gèèn broers of susters oor nie. Ek is gelukkig rekenaar geletterd en dit is voorwaar ‘n seën. Mag jy ‘n geseënde Kersfees hê, en voorspoed vir 2016….

RITA ·

Waar is die goeie ou dae?????? Ons het geweet wie ons bure is en almal in die straat geken alhoewel ons nie oor en weer gekuier het nie. Almal het geweet as jy met vakansie was en hulle het n ogie oor jou huis gehou en jou diere kos gegee. Ons ouers het baie omgegee vir hulle ouers. Sondae na kerk gaan kuier jy by die hele familie. Mense gee nie om vir mekaar nie. Elkeen sit in sy eie klein hoekie. Dankie Here ons is nog n baie hegte familie wat tyd maak om vir mekaar te kuier.

Jo-anli ·

Ek is ook alleen oor kerstyd, Glo en vertrou op my hemelse vader om my hierdeur te help. Aan almal geseënde Kersfees.

albert ·

My hart gaan uit na jou. Dit moet die vreeskikste gevoel wees om so alleen or Kerstyd te spandeer.Ek is seker dat onse Hemelse Vader jou in Sy hande sal neem. Vertrou net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.