89 dood in tronkonluste

Rook borrel uit die Anisio Jobim-tronk in Manaus, Brasilië tydens onluste by die gevangenis waarin 56 mense dood is (2 Januarie 2017). Foto verskaf deur A Critica journal (ANA/Xinhua)

Rook borrel uit die Anisio Jobim-tronk in Manaus, Brasilië tydens onluste by die gevangenis waarin 56 mense dood is (2 Januarie 2017). Foto verskaf deur A Critica journal (ANA/Xinhua)

Minstens 89 mense is vandeesweek tydens twee verskillende opstande in Brasiliaanse tronke dood.

Plaaslike media het Vrydag berig 33 mense is dood nadat onluste in die Monte Cristo-gevangenis naby Boa Vista in die Brasiliaanse staat Roraima uitgebreek het. Volgens mediaberigte was die betrokkenes glo lede van vyandige bendes en van die liggame van die slagoffers is gedeeltelik onthoof of van hul ledemate is afgekap.

Die G1-nuuswebwerf het gesê die tronkbewaarders kon daarin slaag om die situasie onder beheer te bring.

In Oktober 2016 is tien gevangenes dood toe onluste in dieselfde tronk uitgebreek het. Ongeveer 1 400 gevangenes word in die tronk aangehou wat gebou is om net 700 gevangenes te huisves.

Familielede van die gevangenes binne die Anisio Jobim-tronk in Manaus, Brasilië wag angstig om die name van die oorledenes te hoor wat tydens onluste by die tronk dood is (2 Januarie 2017). Foto: AP Photo/Michael Dantas

Familielede van die gevangenes binne die Anisio Jobim-tronk in Manaus, Brasilië wag angstig om die name van die oorledenes te hoor wat tydens onluste by die tronk dood is (2 Januarie 2017). Foto: AP Photo/Michael Dantas

Maandag is 56 gevangenes dood toe vyandige bendes mekaar in die Anisio Jobim-tronk in Manaus aangeval het. Hierdie is die meeste sterftes in ʼn Brasiliaanse tronk sedert 1992 toe 111 gevangenes dood is toe polisiebeamptes die Carandiru-gevangenis in São Paulo bestorm het.

Brasilië het een van die hoogste tronkbevolkings ter wêreld. Volgens die Britse Institute for Criminal Policy Research (ICPR) is daar meer as 620 000 gevangenes in Brasiliaanse tronke wat gebou is om 372 000 gevangenes te huisves.

Misdaadbendes is goed georganiseerd regoor Brasilië en hul lede wat in gevangenisse aangehou word kan met mekaar kommunikeer deur selfone. Dit vergemaklik die dwelmhandel wat agter tralies aangaan. Vakbonde wat die Brasiliaanse tronkbewaarders verteenwoordig sê personeeltekorte in die gevangenisse is ʼn groot probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maria Van Dieweeck ·

Dit gaan nog met hierdie land se tronke ook gebeur. Wnneer laas is daar n nuwe tronk gebou? Druk maar net nog in, kan nie aanhou sonder n bom wat bars! Daar is boonop soveel opsies. Wat van ‘landbou tronke’ bv wat baie goeie resultate bied in ander lande. Maar nee, ons hou liewer nog n partytjie en vergryp onsself verder en druk nog in.

jaco ·

Onbedoeld is die doodstraf 89 keer toegepas en dit net in 2 maande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.