9/11-slagoffer 17 jaar later uitgeken

Scott Michael Johnson (Foto: NY Daily News)

Die familie van ʼn 26-jarige analis kan uiteindelik berusting kry nadat sy oorskot byna 17 jaar, ná die aanvalle op 11 September 2001 by die Wêreldhandelsentrum, geïdentifiseer is.

Die lykskouer se kantoor in New York het Woensdag die slagoffer uitgeken as Scott Michael Johnson, ʼn werknemer van die beleggingsmaatskappy Keefe, Bruyette & Woods.

Hy is die 1 642ste slagoffer wat positief uitgeken is ná die terreuraanvalle waartydens 2 754 persone gesterf het toe kapers met vliegtuie in die handelsentrum ingevlieg het.

Die lykskouer het gesê hy kon Johnson se oorskot uitken danksy verbeterde DNS-toetse. Dit is die eerste nuwe slagoffer wat uitgeken is sedert Augustus 2017.

“Ons het in 2001 onsself daartoe verbind om alles in ons vermoë te doen, maak nie saak hoe lank dit neem nie, om hul geliefdes uit te ken,” het Barbara Sampson, hoof-lykskouer, in ʼn verklaring gesê.

Tom en Ann Johnson, Scott se ouers, het aan die New York Times gesê hulle het gehuil toe hulle die nuus kry oor hul seun se oorskot. “Mens is dadelik weer terug in die tragedie, maar dit beteken ook ʼn finaliteit. Op ʼn manier het ek altyd gedink hy sal dalk net een dag opdaag en sê, ‘hier is ek; ek het geheueverlies gehad’,” het Ann aan die koerant gesê.

Tot 40% van die slagoffers wat gesterf het se oorskot moet nog uitgeken word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Lizzy ·

RIV..hoe traumaties moet dit wees om weer deur daardie pyn te gaan..maar tog berusting te kry na 17 jaar. Baie hartseer.

Juffie ·

Interessant die eye opener oor die DNS wat SO lank neem om ge-analiseer te word.
Ek dog dit is net in Suid Afrika die geval.

Wonder ·

DNS tegnologie verbeter by die dag. Ek dink dis ‘n onbegonne taak om die slagoffers van 911 uit te ken. Welgedaan aan die lykskouers wat nie net moed opgegee het nie. Amerika is ligjare voor SA en dis ‘n klap in Amerika se gesig om hom en SA met mekaar te vergelyk.

Heleen ·

Hang af of jy Afrikaans of Engels wil wees, maar DNA word meer gebruik. DNS is de-oksiribonukleïnsuur en DNA is de-oxyribonucleic acid.

Mariné Lourens ·

Dagsê Anton

Dankie vir jou navraag. DNS is inderdaad die korrekte vertaling van die Engelse “DNA”. DNS is die afkorting vir deoksiribonukleïnesuur, terwyl “DNA” natuurlik die Engelse afkorting is vir “deoxyribonucleic acid”.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

lee ·

SJOE – dis maar ‘n laaang proses.
Nog 40 % van slagoffers om nog uit te ken, en ons hier in SA het waarskynklik al lankal van daai tragedie vergeet, en stoei net elke dag met ons eie dinge in hierdie deurmekaar land.

Wonder ·

….en al die evidence sou ook al in die drom geland het…

Wonder ·

In plaas daarvan dat mense nms. die ouers bly is dat hul seun se oorskot nou uiteindelik uitgeken is, sal die kommentators (soos gewoonlik) nou weer taalkundiges speel. Is die glas half vol of half leeg? Besluit self.

Callie ·

Stem saam Wonder. Dink nie daar is enige nasie eers amper vergelykbaar met blanke Suid Afrikaners nie. Gaan kyk hul kommentare oral. Daar is n plaasmoord dan sal iemand soos hierbo oor n spelfout tekere gaan. Ander sal weer sommer die slagoffer verkwalik oor hy nie diefwering op het nie. Hemel dis n n siek spul. Maar hulle het geen guts om op te staan en bymekaar te staan en vir die regering te se tot hiertoe en nie verder nie. Dan sulke kommentaar oor DNS. Bewonder liewer die feit dat hulle na al die jare nog soek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.