9 dood in Turkye ná aardbewing

Gemeenskapslede probeer mense onder die puin vasgekeer bevry in in Baskale in die Turkse provinsie Van. (Foto: IHA via AP)

Minstens nege mense is in die ooste van Turkye dood nadat ’n aardbewing Sondagoggend naburige Iran getref het.

Die aardbewing van 5,7 het op ’n diepte van 6 km voorgekom met die episentrum wes van die Iranse stad Khoy. Minstens 75 is beseer en huise is in 43 dorpe in die weste van die Azerbeidjan-provinsie in Iran beskadig. Dorpe in die Turkse provinsie Van is ook geraak.

Suleyman Soylu, die Turkse minister van binnelandse sake, het gedurende ’n mediakonferensie gesê drie kinders en vier volwassenes is in die Baskule-distrik van Turkye dood. Die dodetal het later tot sewe gestyg met 37 mense beseer.

Volgens Soylu is 1 066 geboue in puin gelê.

Huise is in puin gelê Baskale in die Turkse provinsie Van. (Foto: IHA via AP)

Die streek het ’n geskiedenis van kragtige aardbewings. ’n Aardbewing het net verlede maand 40 lewens in die oostelike Turkse stad Elazig geëis. Meer as 600 mense is in 2011 dood toe ’n aardbewing noord van die hoofstad van dié provinsie getref het.

Ongeveer 17 000 mense het in 1999 in ’n aardbewing in die westelike Turkse stad Izmit omgekom.

Iran se dodelikste aardbewing was in 1990 toe 40 000 mense dood en ’n halfmiljoen mense dakloos gelaat is.

Bronne: BBC, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.