90-jarige vrou verloor R455 miljoen in telefoon-slenter

Argieffoto (Foto: Pexels/Pixabay)

ʼn 90-jarige vrou van Hongkong het HK$250 miljoen (sowat R455 miljoen) verloor ná bedrieërs hulself as Chinese beamptes voorgedoen het. Dit is die stad se grootste telefoon-slenter tot op hede.

Bejaardes in Hongkong word gereeld geteister deur persone wat kwesbare, welgestelde slagoffers teiken wat bereid is om geld oor te plaas of in fop-beleggingskemas te belê.

Die polisie het Dinsdag gesê die bedrieërs het ʼn bejaarde vrou geteiken wat in ʼn herehuis in die rykmansbuurt The Peak woon.

Die misdadigers het die onbekende vrou verlede jaar gekontak en hulself as Chinese sekuritetisbeamptes voorgedoen. Hulle het aangevoer haar identiteit is in ʼn ernstige strafregtelike saak in China gebruik.

Hulle het gesê sy moet geld van haar bankrekening oordra na bankrekeninge wat die ondersoekspan gebruik vir veiligheid en ondersoek, het die South China Morning Post berig.

Die polisie het gesê iemand het ʼn paar dae later by haar huis opgedaag met ʼn toegewyde slimfoon en SIM-kaart om met die fop-sekuriteitsbeamptes in kontak te bly. Hulle het haar oorreed om elf oorplasings te doen.

Oor vyf maande het die bejaarde vrou HK$250 miljoen (sowat R455 miljoen) aan die bedrieërs oorbetaal – die grootste bedrag tot dusver deur middel van ʼn telefoon-slenter.

Volgens die polisie het hulle slegs van die slenter te hore gekom omdat die vrou se huishulp agterdogtig geraak en haar werkgewer se dogter gekontak het, wat toe die polisie in kennis gestel het.

Ná ʼn ondersoek is ʼn 19-jarige in hegtenis geneem op aanklag van bedrog. Hy is vrygelaat op borgtog, het die polisie gesê. Volgens die South China Morning Post is die verdagte die persoon wat met die slimfoon by die vrou se huis opgedaag het.

Volgens die polisie neem telefoon-slenters toe. Berigte van dié tipe slenters het in die eerste kwartaal van 2021 met 18% toegeneem en bedrieërs het sowat HK$350 miljoen oor die periode gebuit. Die polisie het in 2020 altesaam 1 193 sake van telefoon-slenters hanteer waar ʼn bedrag van HK$574 miljoen gesteel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pandora ·

Jinne, hoeveel mense besit soveel geld OM te verloor. Jammer dat daar altyd ‘n kriminele element is wat ons mensdom negatief beinvloed.

Keith ·

I know of pensioners in south africa who have lost money from telephone scams. They tell you they are from either.. telkom, microsoft, the receiver of revenue, or your bank. They tell you that you have some kind of “problem”. They ask you to open your computer. They fool you into installing “teamviewer” or a similar program, on your computer/laptop, which then allows them to connect directly to your computer/laptop, and they can see everything on your computer, including your bank account and sometimes all your passwords (if you have saved them on your computer). If you receive any suspicious phone calls like these…. hang up. Never allow anyone to connect to your computer, via a program or remote access, unless you know them personally. Never save your passwords in google or on your computer, rather write them down and keep them in a safe place.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.