93-jarige verloor burgemeestersverkiesing na 19 termyne

John Land

John Land

Die VSA se oudste voltydse burgemeester, die 93-jarige John Land van Apopka in Florida, het na 19 termyne die onderspit teen ‘n “snuiter” gedelf.

Joe Kilsheimer (56) sal nou die leisels oorneem, en het ‘n beroep op die inwoners van Apopka gedoen om Land vir sy jarelange getroue diens te bedank.

Land het op sy beurt gesê hy is nou te oud om te huil, en sy verkiesingspan vir hul harde werk bedank. Hy het aan die inwoners gesê dat dit ‘n eer was om hulle te dien. “Ek hou nog altyd van Apopka, maar die neerlaag het waarskynlik my hart gebreek,” het hy gesê.

Bron: AFP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.