94-jarige tronk toe oor Auschwitz-moorde

Oskar Gröning. Foto: Tobias Schwarz/Pool Photo via AP

Oskar Gröning. Foto: Tobias Schwarz/Pool Photo via AP

Die 94-jarige Oskar Gröning is in die Duitse stad Lüneburg tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir medepligtigheid aan die moord op 300 000 Jode.

Gröning het as “die boekhouer van Auschwitz” bekend gestaan aangesien dit sy verantwoordelikheid was om die besittings van die Jode bymekaar te maak. Hy was lid van die SS.

Gröning het skuld beken en aangedui dat hy moreel medepligtig voel. Hy het om genade gepleit, maar dit is nie deur die hof toegestaan nie.

Bronne: De Standaard, New York Times, Bild

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Peet Schabort ·

Natuurlik niemand skuldig betreffende die Tweede Vryheidsoorlog . . .

Ek ·

Dit is ‘n ding waaroor ek ook die week gewonder het Regdeur die wereld word almal wat oorlogsmisdade gepleeg het tot verantwoording geroep So een na die ander word hulle vervolg Maar nou wil ek graag weet …
Die boere oorlog (vryheidsoorlog) wat jy dit ookal wil noem – wat van die onregte – verkragtings – vernietiging van plase – konsentrasiekampe vir vroue en kinders – waarin hulle ook gesterf het ens…. Wanneer gaan daardie barbare tot verantwoording geroep word

Berhalet Beukes ·

Was hy die enigste persoon wat betrokke was gedurende die Tweede Wêreld oorlog? Mengele was die barbaar wat die Jode op die aller wreedste maniere vermoor het, wat baat dit om ‘n boekhouer in die tronk te stop op 94? Kom nou, wat is die punt?

Johan 2 ·

Berhalet dankie! Wat van al die “helde” onder die Amerikaners en Britte wat so lekker Duitsers vermoor het na die oorlog. Of fie gemors in oos-duitsland. Soos hul sê die enigste werklike aanklag teen die duitsers van ww2 is dat hul verloor het, en is dit werklik n oortreding?

Johan 2 ·

Natuurlik sal hy skuld erken want dit is onwettig om skuld te ontken oor enige bewering ongeag hoe belaglik oor die “holocaust”..ek kan in duitsland (en ander EU lande) dieselfde straf kry vir my aanhalings om die woord holocaust. Hy sou homself ook net mag verdedig deur te probeer bewys dat hy nie daar was nie, prokureers wat sulke ous probeer verdedig het is self ook al gestraf omdat hul dit waag. Wat n skande dat mense nou nog aangaan daaroor, voel baie jammer vir die oom. Maar ek sal die jode dit gee hoor hulle is moer goed as die ANC so goed was sou hul ons allmal vervolg oor “aparheid” maar ons tyd kom dalk nog.

Johan 2 ·

Lees gerus die getuienis. Hul was eerstens 12 en verder klink dit na iets uit FIKSIE soos Shendlers List, hul enigste verwysings raamwerk. Sy sê haar ouers is dood in “gaskamers” maar praat dan verder van hoe hul aan siektes gely het, is sy seker hul lyke is maar net veras nie? Ai sooooo baie goed wat nie sin maak nie alles net om wraak te neem? Of wie maak nou weer geld.

neil ·

Dit sal julle almal baat om dalk n geskiedenis boek te gaan lees. En schindler list is nie fiksie nie al is daar n fliek oor dit.

Walter ·

Die oorlog is al lankal verby. Het hulle niks anders om te doen nie. Bly in die verlede lewe, kry ń lewe!

david ras ·

Die film Schindlers List, is weliswaar op ‘n ware gebeurtenis gebaseer. Maar ons almal weet wat van die “waarheid” word as Holywood dit eers beetkry……..
Daar is ook ‘n ander aanslag op die “waarheid”: in Duitsland en verskeie ander Europese lande is daar wetgewing wat enige openbare betwyfeling van die Holocaust krimineel strafbaar maak. Daar is ‘n verpligte minimum vonnis van 5 jaar tronkstraf
So het Duitsland ‘n tyd gelede ‘n 82 jarige Duitse professor Ernst Zundel uit Kanada laat uitlewer omdat hy die holocaust –of sekere elemente daarin–openlik in twyfel getrek het.
Sover ek weet, sit Zundel nog steeds in die trunk.

As die “WAARHEID” gerugsteun moet word deur ‘n dreigement van tronkstraf, dink ek is daardie “WAARHEID” in baie groot moeilikheid !

Karel Kriel ·

Sinneloos….. hoekom nou eers ,die wat hom nou vonnis was nie eers gebore daai tyd nie klink vir my na een poepol wat sensasie en geld soek . Die beste van alles Idi Amin van Uganda was nooit eens gevonnis vir die miljoen mense wat hy wreed vermoor het nie . Hy was nooit aangekla nie. Hy het lekker verder saam met die engelse gaan bly in weelde en hy was nooit as n monster of moordenaar verklaar nie.

Eish! ·

As dit in Suid Afrika was, dan was dit nog ‘n ou mens wat versorging nie kon bekostig nie. Want BEE word mos toegepas in ouetehuise waarvoor ons betaal het vir oprigting in die verlede. Gaan sit in die tronk vir iets dan moet die staat vir jou verblyf gee, met tv ens.

Bruno Stef ·

Dit is duidelik dat die bodem hier geskraap word, Wat van Dr Werner von Braun n S/S offisier en wetenskaplike wat saam met sy mede kollegas na die oorlog gevange geneem is en vryskelding gekry het deur Amerika (whitewash) en daarna die gesig van Amerikaanse ruimte programme geword het. Dr von Braun het die V1 en V2 vuurpyle ontwerp wat die dood van baie Britte in die oorlog veroorsaak het.Die Russe het ook van Amerika se metodes gebruik gemaak.Dit is duidelik dubbele standaarde wat toegepas word.

Paul ·

Hy het niks met die V1 te doen gehad nie. Die V1 was ‘n sogenaamde “pulse jet” en nie ‘n vuurpyl soos die V2 nie en is deur Fritz Gosslau en Robert Lusser ontwerp.

Bruno Stef ·

Berhalet/Johan 2 Julle moet net onthou dat die wenner van die oorlog die geskiedenis skryf.Ek was bevooreg om met heelwat Duitse soldate van die WW2 saam te werk in SA na die oorlog manne wat onder gerespekteerde bevelvoerders soos veldmaarskalk Erwin Rommel in Noord Afrika geveg het.Daar is ander weergawes van die oorlog ook nie net Amerikaanse/ Engelse sieninge nie.Wat van die Nazi onderleier wat voor die aanvang van die oorlog Brittanje toe gevlieg het om vrede te probeer herstel maar weens onverdraagsaam heid van die Britte vir die res van sy lewe lank as die enigste gevangene in die Spandau gevangenis aangehou was sy naam Rudolf Hess.Ek is net bevrees AGV vervolgingswaansin dat tot die boekhouer se klerk ook aan die pen gaan ry as die nog leef.

johan 2 ·

Bruno wat my net viesmaak is dat mense daardie verdraaide “geskiedenis” bly glo…soos arme niel wat glo Shendlers list is nie fiksie nie…dit staan voor op die boek!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.