Aanhanger uitgeskop oor ‘Nazi-kreet’ by Amerikaanse Ope

Alexander Zverev (Foto: José Morgado/X)

ʼn Tennisaanhanger is Maandag tydens die Amerikaanse Ope uit die stadion geskop nadat hy ʼn frase van ʼn Nazi-era-kreet vanuit die pawiljoen geskreeu het.

Die drama het ontvou tydens die vierde stel tussen Duitsland se Alexander Zverev en Italië se Jannik Sinner op die Arthur Ashe-stadion in New York.

Die 12de gekeurde Zverev het aan verslaggewers gesê hy het gereed gemaak om te dien, toe hy die eerste frase van die Nazi-lied “Deutschland über alles” vanuit die skare gehoor het.

Hy het die skeidsregter, James Keothavong, daarop gewys en oor die uitroep beswaar gemaak.

“Hy het die bekendste Hitler-frase wat daar in hierdie wêreld is, gebruik,” het Zverev aan die skeidsregter gesê. “Dit is onaanvaarbaar.”

Keothavong het na die skare in die pawiljoen gedraai en gevra dat die toeskouer wat die frase geuiter het, sy hand opsteek. ʼn Man met ʼn blou bofbalpet het sy hand opgesteek en veiligheidswagte het hom uit die stadion begelei.

Volgens Zverev het hy die man deur die wedstryd gehoor skree, wat hom egter nie gepla het nie.

“Ek hou daarvan as ondersteuners luidrugtig en emosioneel raak. Maar wat my betref, as Duitser wat nie regtig trots is op daardie deel van die geskiedenis nie, is dit nie regtig ʼn goeie ding [om die Nazi-lied te sing] om te doen nie,” het Zverev gesê.

“Hy het nog in een van die voorste rye gesit en ʼn klomp mense het hom gehoor. Ek dink nie dit sou goed gewees het as ek nie gereageer het nie.”

Volgens Zverev kon die toeskouer wat die woorde geskreeu het, “nie baie slim” gewees het met sy optrede nie.

“En boonop kon hy nie die laaste twee stelle van die wedstryd kyk nie.”

Zverev het egter nie toegelaat dat die drama van die baan sy spel ontwrig nie. Hy het steeds stof in Sinner se oë geskop en in ʼn marathonstryd met 6-4, 3-6, 6-2, 4-6 en 6-3 gewen.

Die skare by die Amerikaanse Ope-laataandwedstryde op die Arthur Ashe-stadion is bekend daarvoor dat hulle soms erg luidrugtig raak.

Die voormalige Australiese tennisafrigter, TV-kommentator en oudspeler Rennae Stubbs het Maandag kort ná die voorval gesê daar was aanhangers by die aandwedstryde wat “hulle nie goed gedra het nie”.

“Ek is mal oor die skare, maar soms is die gedrag op die pawiljoene nie goed nie,” het Stubbs op X (voorheen Twitter) geskryf.

“Een van die aanhangers het ʼn drankie oor my uitgegooi. Sy was besig om met haar kêrel te baklei. Die kersie op die koek was toe iemand die Hitler-frase geskree het. Wat gaan aan, ouens?”

Die Duitser Laura Siegemund het ook gekla dat die skare oneerbiedig was nadat sy verlede week die eerste ronde teen Coco Gauff gewen het.

“Hulle het geen respek vir my of die manier hoe ek speel gehad nie. Geen respek vir die speler wat ek is nie. Geen respek vir goeie tennis nie,” het Siegemund in trane vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Schalk ·

Dink jy dit is goed om dit te sing? Indien jy dit goedkeur sing jy seker hartlik saam aan Kill the boer, of is dit net jou verdraaide geskiedenis wat saak maak?

Cornelius ·

Luister na die woorde van die ‘Deutchlandslied’ , en die van Kill the Boer en kyk of dit moontlik is om ‘n vergelyking te tref. Indien wel, soek mediese hulp.

Keelvol ·

Die Stem het ook nie enige iets van haat te doen nie, en tog het jou bond genote gevoel dit nie gesing mag word nie.

Goldy ·

Toe kry die ou se boodskap selfs baie meer aandag as net die paar oplettendes reg rondom hom.

Wit Leeu ·

Dit het net mooi niks met Hitler uit te waai nie !
The first line, “Deutschland, Deutschland über alles, über alles in der Welt” (usually translated into English as “Germany, Germany above all, above all in the world”), was an appeal to the various German monarchs since 1922, to give the creation of a united Germany a higher priority than the independence of their small states.

George ·

en Kill The Boer is gesing om teen die wit regering te staan, so dan is dit mos maar reg dat dit nou nog gesing word.

Harry ·

Kan iets vir 5min nie oor jou gaan nie? Kill the Boer het absoluut niks met enige iets in die artikel te doen nie.

Harry ·

Die artiekel en die ou wat dit wat gesing het het niks met Boere tedoen nie, hou op die victim wees asb.

George ·

As hy dink dit het niks te doen met Hitler nie, het kill the boer niks met moorde nou te doen nie.

Harry ·

Die artiekel en die ou wat dit wat gesing het het niks met Boere tedoen nie, hou op die victim wees asb.

Ryan ·

Ou george. Het de Villiers enigsins na kill the boer verwys? Jy moet n bril kry. R100 by dischem.

Cornelius ·

Dit beteken bloot Duitsland bo almal of Duitsland eerste. Om dit as ‘n Nazi Kreet te brandmerk is belaglik.

Sue ·

Se jy Vir die miljoene wat in die konsentrasie kampe vermoor is? Dink Asb voor jy praat.

Cornelius ·

Ek het nie enige kommentare gelees waar mense hul met Nazi’s vereenselwig nie. Mense het feite gelewer oor die betrokke Duitse frase .Moenie Afrikaners, myself ingesluit, só beledig nie.

Gerhardus ·

Belaglik. Nóg ‘n “woke” sportster. Sy gevoelens het nou seergekry. Hy erken hy is nie trots op Duitsland se geskiedenis nie. Dit is presies wat dit is – Geskiedenis. Die woorde het ook niks met Hitler te doen nie, maar was deel van die Duitse volkslied. Hulle moet eerder op hulle sport konsentreer en die politiek vir die politici los.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.