Aanvaller by Louvre in Parys geskiet

Die toneel buite die Louvre-museum in Parys, Frankryk waar ʼn soldaat ʼn onbekende aanvaller geskiet het (3 Februarie 2017). Foto: Xinhua/Ying Qiang

Die toneel buite die Louvre-museum in Parys, Frankryk waar ʼn soldaat ʼn onbekende aanvaller geskiet het (3 Februarie 2017). Foto: Xinhua/Ying Qiang

ʼn Soldaat het ʼn onbekende aanvaller wat die Louvre-museum in Parys wou binnedring, geskiet en gewond.

Volgens die RTL-radiostasie het die aanvaller die museum met ʼn tas probeer binnekom en toe ʼn diensman hom probeer voorkeer, het hy hom met ʼn mes aangeval. Die aanvaller is glo in ʼn ernstige toestand nadat hy naby die museum se winkelsentrum geskiet is.

Intussen is die nabygeleë Palais Royal Musée du Louvre-metrostasie vir die publiek gesluit as sekuriteitsmaatreël. Mense in die gebied waar die skietery plaasgevind het, is deur die Franse polisie ontruim.

Die Franse departement van binnelandse sake het op Twitter gesê streng sekuriteitsmaatreëls sal tydelik in die gebied van toepassing wees: “Moenie valse inligting glo nie en volg die sekuriteitsinligting wat deur amptelike bronne deurgegee word.”

Volgens plaaslike media het die Franse eerste minister, Bernard Cazeneuve, die aanval as “terroristies van aard” beskryf. Die plaaslike polisie beweer die aanvaller het “Allah Akbar” geskree voordat hy geskiet is.

Die identiteit van die aanvaller is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

jaco ·

Hoe kom sulke mense dan Frankrijk binne? Ek is net vir n toeristevisum intensief by die Franse konsulaat in Kaapstad ondervra. Met my aankoms in Frankrijk is ek weer ondervra. Kan dié “vlugtelinge” dan net by frankryk instap sonder enige background check of security scrutiny? Waarom gaan bly enige moslems anyway hoegenaamd in Frankrijk? Klomp goed wat in hulle lande en in hulle geloof sonde en met die dood strafbaar is, is wettig in Frankrijk. Eet van varkvleis, gay huwelike, pornografie, matige gebruik van dwelms is alles OK in Frankrijk, maar Islam straf dit ALLES met die dood. So dis net logies dat party van hulle gaan “uithaak” en die “sonde” rondom hulle gaan begin straf.

jo ·

Jammer die onheil is nie summier doodgeskiet nie. Dit is die tipe aanvalle wat Le Pen en Trump wil stop maar die libs skop vas daarteen. Kan dit nie glo nie.

Pop ·

Trump wil die soort bollie keer. Hoekom bly alle ander gelowe nie bymekaar en los christenlande uit nie. Dan kan hulle in tussen hul eie soort terreur pleeg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.