Aanvaller glo by Britse parlement geskiet

Argieffoto: Twitter via @UKParliament

Argieffoto: Twitter via @UKParliament

Niemand word tans by die Britse parlement in Londen in- of uitgelaat nadat ʼn beweerde aanvaller glo deur polisiebeamptes geskiet is nie.

CBS News het op Twitter gesê die aanvaller het glo met ʼn mes by die hekke van die parlement ingestorm. Volgens berigte het die man ʼn polisiebeampte aangeval en met die mes gesteek.

Die BBC berig ooggetuies het drie of vier geweerskote gehoor gevolg deur mense wat skree. Polisiebeamptes het kort daarna op die toneel toegesak en personeel in die parlementsgebou is aangesê om in hul kantore te bly.

ʼn Woordvoerder van Theresa May, Britse eerste minister, het intussen aan plaaslike media bevestig dat sy ongedeerd is.

Volgens die BBC is die Westminster-moltreinstasie ook op die polisie se versoek gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.