Aanvraag na lugvragvervoer neem verder af

Argieffoto (Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

Wêreldwye lugvragvervoermarkte het in November verlede jaar met 1,1% afgeneem, in vergelyking met dieselfde periode in 2018.

Volgens data wat Woensdag deur die Internasionale Lugvervoervereniging (IATA) vrygestel is, is dit die 13de agtereenvolgende maand van jaar-op-jaar afname in lugvragvolumes.

Ondanks die afname in aanvraag, was November se prestasie die beste in agt maande, met die laagste jaar-op-jaar koers van daling sedert Maart 2019. November se uitslag is ʼn teken van die toenemende belangrikheid van groot e-handelgeleenthede soos Enkellopendedag in Asië en Swart Vrydag, aldus IATA.

Alhoewel internasionale e-handel steeds bly groei, het die algehele aanvraag na lugvragvervoer steeds die wind van voor gekry weens die handelsoorlog tussen die Verenigde State van Amerika en China, die afname in wêreldhandel en ʼn daling in wêreldwye ekonomiese groei.

Alexandre de Juniac, direkteur-generaal en uitvoerende hoof van IATA, het gesê die aanvraag na lugvragvervoer het in Oktober met 3,5% gedaal.

“Dit is ʼn groot teleurstelling, aangesien die vierde kwartaal gewoonlik die spitsseisoen is vir lugvragvervoer. Tekens dat handelspanning tussen die VSA en China in die toekoms gaan afneem, is goeie nuus. Maar handelstoestande bly steeds baie uitdagend.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Chris Ws ·

Ek wou twee items invoer uit Amerika.Een item se prys was R1800 maar vervoer koste werk uit R3200 – sy gewig was 6 kg.Die Tweede item se prys was R750 en vervoer koste R450 – sy gewig was 480gram.Ek het maar gelos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.