Aappokke in vyf lande geïdentifiseer

medies behandeling dokter

Argieffoto (Foto; DarkoStojanovic, Pixabay)

Gevalle van aappokke word in verskeie Europese lande, Amerika, Kanada, Australië en die Verenigde Koninkryk (VK) ondersoek, volgens gesondheidsowerhede en plaaslike mediaberigte.

BBC berig die jongste nuwe gevalle is in Frankryk, Italië, Swede en Australië aangemeld.

Dit volg nadat daar teen Woensdag reeds gevalle in die VSA, Spanje en Portugal aangemeld is, asook 13 vermeende gevalle wat in Kanada ondersoek word.

Aappokke kom die algemeenste voor in afgeleë dele van Sentraal- en Wes-Afrika. Gevalle wat buite dié streke aangemeld word, word dikwels gekoppel aan reis na die gebied.

Aappokke is ’n seldsame virusinfeksie wat gewoonlik met ligte simptome verbind word en die meeste mense herstel binne ’n paar weke, volgens die Verenigde Koninkryk se nasionale gesondheidsdiens.

Die virus versprei nie maklik tussen mense nie en die risiko dat dit na die breër publiek kan versprei, is na bewering baie skraal.

Die eerste geval van die siekte is op 7 Mei in die VK aangemeld. Die pasiënt het onlangs na Nigerië gereis, waar hy vermoedelik die virus opgedoen het voordat hy na Engeland teruggereis het.

Daar is nou nege bevestigde gevalle in die VK. Die bron van hierdie infeksies is nog nie bevestig nie, maar dit lyk asof gevalle “plaaslik oorgedra is”, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Australië het Vrydag sy eerste vermeende geval aangemeld nadat ’n man siek geword het ná hy van ’n reis in Europa teruggekeer het.

In Europa is een bevestigde geval Donderdag in Swede aangemeld, sowel as een in Italië en een vermeende geval in Frankryk. Sweedse owerhede het gesê hulle is nie seker hoe die individu die virus opgedoen het nie, maar plaaslike media berig dat die individu in Italië onlangs van die Kanariese Eilande teruggekeer het.

Altesaam 14 gevalle is ook in Portugal aangemeld en 23 in Spanje.

In Noord-Amerika het gesondheidsowerhede in die Amerikaanse deelstaat Massachusetts ook bevestig dat ’n man met aappokke besmet is. Hy het onlangs na Kanada gereis, waar plaaslike media berig dat 13 vermeende gevalle van die virus ondersoek word.

Volgens gesondheidsbeamptes is die man gehospitaliseer, verkeer hy in ʼn “bevredigende toestand” en “hou hy geen risiko vir die publiek in nie”.

Hoewel geen entstof vir aappokke in Europa goedgekeur is nie, het Spaanse gesondheidsowerhede glo duisende pokke-entstofdosisse gekoop om die uitbreking te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Waarnemer ·

Nog nooit van aappokke gehoor nie maar ek neem aan covid 19 is dan eintlik vlermuispokke?

Trotse Boervrou ·

Soos ek verstaan is die aappokke en polio uitbrake al in 2019 voorspel.

Truth2bfree ·

Jip, verskuilde bestandeel in vlermuispok ent. Hul maak seker jy kom terug vir meer….

annie ·

Die virus versprei nie maklik tussen mense nie maar skielik doen dit oraloor voor. Hoe versprei dit dan? Die kanse is goed dat dit hierheen kan oorwaai; sekerlik weer per lugkoerier. Hoe anders? Destyds is geglo die sg Swartpes kom diep uit die aarde mbv rook en gas van vuurspuwende berge en deur wind verder gedra. Wat sê ons pandemici?

Marthinus W ·

Volgens Spanje se wetenskaplikes is al die gevalle in hulle land oorgedra deur menslike vloeistof; die persone is almal gay mans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.