Everest het met ongeveer 3 cm in ʼn suidwestelike rigting geskuif. Die Chinese administrasie vir opmetings, kartering en geo-inligting het gesê volgens opnames deur ’n satellietwaarnemingsentrum wat die Chinese in 2005 op die berg opgerig het, skuif Everest elke jaar sowat 4 cm in ’n noordoostelike rigting.
Die aardbewing het dit nou in ’n ommesientjie teruggeskuif na die posisie waar die berg nege maande gelede was.
Sedert die satellietmoniteringstasie opgerig is, het Everest ook elke jaar 0,3 cm hoër geword. Met die aardbewing het die berg se hoogte egter nie verander nie.
Wonder nou net of is dit nie die ouens se toerusting wat geskuif het nie…
Het hulle niks anders om te doen nie?
Ongelooflik hoe akuraat instrumenasie geword het..ek het eenkeer op n seminaar gesien hoe iemand vra waar die inligting se fout op n gragiek aangedui is en die antwoord van die spreker was dat hul instument so akkuraat is dat die foutlyn dunner was as die resulisie van powerpoint.
Dankie weer herman vir nog n interesante berig
Stem saam Johan. Branna – hou maar by jou drinkgoedjies, ons inteligente mense geniet sulke berigte! Nooit te oud om te leer nie, dankie Maroela!
Wonder hoeveel is die tonnemaat wat geskuif is ?
Dalk ‘n kinkel in die aarde se as . . . . ??? . . . .