Aardbewing laat Kiwi’s skrik

Argieffoto.

Argieffoto.

’n Toerismeattraksie, Puzzling World in Wanaka op die Suid-eiland in Nieu-Seeland, is ontruim en vensterruite is gebreek te ’n aardbewing van 5,6 op die momentmagnitudeskaal Maandagmiddag Nieu-Seelandse tyd toegeslaan het. Nog geen berigte is ontvang dat iemand beseer is nie.

Die episentrum was tien kilometer diep en mense van oor die hele land het op sosiale media aanspraak gemaak dat hulle die skudding gevoel het. Die vorige dag het ’n aardbewing van M4,8 in die verre noordelike deel van die land voorgekom. Die episentrum van dié skudding was ongeveer 150 kilometer diep.

’n Betreklike ligte aardbewing in die VSA het Saterdag heelwat media-aandag gekry. Die skudding van M4,2 het agt kilometer van Galesburg in Michigan voorgekom. Daar is dadelik berig dat dié skudding dalk die gevolg van skaliegas-ontginning in die omgewing kan wees.

Gereelde naskokke kom steeds in Nepal en aangrensende lande voor. Ook Griekeland het die afgelope paar dae verskeie aardbewings in die omgewing van Kreta beleef.

Die sterkste aardbewings, een van M6,8 en een van 6,7, het egter die afgelope week naby Papoea-Nieu-Guinee voorgekom.

Bron: USGS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

“…aanspraak gemaak dat hul die skudding gevoel het.”
Bevestig dat hul die skudding gevoel het, klink vir my beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.