Aardbewing skud Los Angeles

Los Angeles

Los Angeles

ʼn Aardbewing wat 5.3 op die momentmagnitudeskaal geregistreer het, het Los Angeles in Amerika Vrydagaand getref.

Die aardbewing het net ná 21:00 plaasgevind. Daar is nog nie enige berigte oor beserings of skade nie.

Die aardbewing se episentrum was naby La Hambra, ongeveer 45 km suidoos van Los Angeles, en kon in die metropolitaanse gebied, insluitend Hollywood, gevoel word.

Motoralarms het glo in verskeie gebiede afgegaan.

Die Southern California Edison berig dat ongeveer 2 000 gebruikers sonder elektrisiteit gelaat is.

Plesierritte is as ʼn voorsorgmaatreël by Disneyland in Anaheim gestaak, het die LA Times berig.

Bron: SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.