Aardbewing stuit nie eerste minister se televisie-onderhoud

Eerste minister Jacinda Ardern gedurende die aardbewing. (Foto: Newshub via AP)

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern, is Maandag gedurende ’n televisie-onderhoud onverwags deur ’n aardbewing onderbreek. Al het die vertrek rondom haar begin skud, het die eerste minister kalm gebly en met haar onderhoud voortgegaan.

CNN berig Ardern het vanoggend die opheffing van Nieu-Seeland se algehele landwye afsondering op ’n oggend-televisieprogram bespreek, toe ’n aardbewing van 5,8 getref het.

BBC berig die aardbewing het omstreeks 08:00 (plaaslike tyd) sowat 90 km noord van die land se hoofstad, Wellington, getref. Geen beserings of skade is ná die aardbewing aangemeld nie.

Daar kan wel in die beeldmateriaal gesien word hoe die televisiekameras sigbaar begin skud terwyl Ardern aan Ryan Bridge, die aanbieder van die betrokke televisieprogram, sê: “Ons beleef net ietwat van ’n aardbewing hier. Nogal ’n ordentlike skudding.”

Eerste minister Jacinda Ardern gedurende die aardbewing. (Foto: Newshub via AP)

Bridge vra dan of Ardern veilig is en kans sien om voort te gaan met die onderhoud, waarop sy glimlaggend antwoord: “Ek is reg. Ek staan nie onder enige hangende ligte nie. Dit lyk of ek op ’n struktureel stewige plek is.”

Die eerste minister se kalm reaksie op die aardbewing word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Nieu-Seeland is op die geologies aktiewe Pasifiese Ring van Vuur geleë.

Volgens GeoNet, wat die geologiese aktiwiteit in die land monitor, ervaar Nieu-Seeland jaarliks ​​ongeveer 20 000 aardbewings, of tussen 50 en 80 per dag, hoewel die meeste te gering is om deur mense gevoel te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stofdonkie ·

Die Nieu_Seelanders is dan seker maar al gewoond aan die aardbewings as hulle 50-80 van hulle per dag ervaar.

Jakes ·

Glo nie sy was kalm nie…..sy het ook nie n idee wat rondom haar aangaan nie…..soek gerus na haar samesprekings mat Australia

JohanR ·

Dit is hoe ‘n land se leier moet wees….plat met die aarde. Gaan Google Stephen Colbert ‘n VSA geselligheid gasheer se besoek aan Nieu-Seeland . Die vrou het persoonlik vir Stephen Colbert by die lughawe gaan haal in ‘n Toyota Corolla, en sonder enige lyfwagte. Sy het toe van die lughawe na haar huis gery, en soos wat sy ry het sy mense gegroet wat haar herken het. Ou President Nkosazana Zuma gaan seker nie eers klein huisie toe sonder twaalf lyfwagte!

Gawie ·

Dis nou ‘n vrou wie se kop agtermekaar is. Vat nie nonsens nie.

Sarel ·

Wel Guts het sy dit moet mens haar gee al sal daar.altyd die ou suurknol kommentators wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.